LettersOpinion

Skokkende geval van dieremishandeling

Ek is so jammer vir die dame se dogter, sy sal ‘n letsel vir die res van haar lewe dra.

REDAKTEUR – Ek verwys na u berig op bladsy drie van die koerant insake die diere wat vermoor is.

Hierdie is die mees skokkende geval van dieremishandeling waarvan ek al gehoor het.

Daar is groot fout by hierdie dierebeskermingsvereniging. Dit is tyd dat iemand ‘n ondersoek na hulle bedrywighede moet doen. Hulle kan hulself nie meer beskermers noem nie. Die plek laat my onmiddelik aan Hitler se doodskampe dink.

Hierdie DBV is aanhoudend in die nuus vir die verkeerde redes. Diere in die omgewing sal veiliger wees as hierdie tak glad nie bestaan nie. Wat het geword van ‘n afkoeltydperk? Enige belangrike besluite van vandag het dit. Hierdie laat ‘n bitter smaak.

Ek is so jammer vir die dame se dogter, sy sal ‘n letsel vir die res van haar lewe dra.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button