Local newsNewsSchools

Kuswag Skool neem deel aan KykNet Sing in Harmonie kompetisie

Die uitsendings van die Sing in Harmonie program, waar verskillende klanke een word, sal eersdaags op KykNet te sien te wees.

kykNET se Sing in Harmonie is die eerste skolekoor-kompetisie van sy soort wat vir skole regoor Suid-Afrika die kans bied om hulle merk op nasionale TV te maak.

Hierdie jaar is daar 265 kore en ongeveer 23 000 koorlede wat landswyd deelneem.

Op Donderdag, 16 Mei het Kuswag Skool hul uitstekend van hul taak gekwyt om as gasheerskool op te tree vir die Durban omgewing se episode opname waar ses kore teen mekaar meegeding het. Kuswag Skool het geskiedenis gemaak aangesien dit die eerste skool is wat drie kore vir hierdie kompetisie ingeskryf het. Die junior primêre-, senior primêre-, sowel as die hoërskoolkoor het deelgeneem en gewys dat hulle die gehoor behoorlik kon bekoor.

Beide kore het deurgedring na die nasionale finaal van hierdie reeks wat by Gold Reef City in Oktober vanjaar sal plaasvind.

Daar word tans fondse gewerf om 130 Kuswag leerders in Johannesburg te kry vir die nasionale finaal. Hierdie uitstappie is ‘n finansiële uitdaging vir baie van ons gemeenskap se gesinne en daarom sal enige donasies, om vir die twee kore verdere deelname in hierdie kompetisie ‘n werklikheid te maak, baie welkom wees.

Die uitsendings van die Sing in Harmonie program, waar verskillende klanke een word, sal eersdaags op KykNet te sien te wees.

Kuswag Skool se senior primêre koor oefen vol stroom vir die Sing in Harmonie kompetisie.

 

DID YOU KNOW?
Click on the words highlighted in red to read more on this and related topics.
To receive news links via WhatsApp, send an invite to 061 694 6047
The South Coast Sun is also on Facebook, Twitter, Instagram and Pinterest – why not join us there?

Do you have more information pertaining to this story?
Feel free to let us know by commenting on our Facebook page or you can contact our newsroom on 031 903 2341 and speak to a journalist.

(Comments posted on this issue may be used for publication in the Sun)

Related Articles

Back to top button