South Coast Fever

‘n Paar wenke vir tuisonderrig

Opinion piece by Johan Pretorius.

In ons omgewing is daar alhoemeer ouers wat besluit op tuis-onderrig vir hul kinders. As iemand wat nog nooit juis gedink het dit is ‘n goeie idee nie, het ek by voorstanders van aanlyn-tuisonderrig gaan kers opsteek.

Hulle meen een van die betekenisvolse voordele van tuisonderrig is die vermoë om die leerplan aan te pas om aan jou kind se unieke behoeftes en belangstellings te voldoen.

Tuisonderrig bied die buigsaamheid wat tradisionele skole nie kan bied nie. Gesinne kan hul eie skedules skep, wat vakansies, veldtogte en pouses moontlik maak wanneer dit hulle die beste pas

Elke gesin het sy eie waardes en oortuigings, wat nie altyd met die waardes wat in openbare of privaatskole geleer word, ooreenstem nie.

Die kenners meen aanlyn-tuisonderrig bied ‘n oorvloed van digitale hulpbronne, interaktiewe lesse en multimedia-inhoud wat aangepas kan word om by jou kind se leerstyl en vermoëns aan te sluit, en bied ongeëwenaarde buigsaamheid in terme van skedulering en ligging.

Tradisionele skole kan soms kinders blootstel aan groepsdruk en boelies, wat ‘n negatiewe invloed op hul selfbeeld en geestesgesondheid kan hê. Netsoos met tradisionele tuisonderrig, bied aanlyn-tuisonderrigprogramme ouers die geleentheid om hul eie waardes en morele beginsels aan hul kinders oor te dra.

Hoe kan hierdie voordele waarop aanspraak gemaak word, deur ouers werklikheid laat word? Die webwerf Afrikaans.com het ‘n omvattende artikel oor aanlyn-tuisonderrig, en dit behoort meer duidelikheid te verskaf aan ouers wat in veral aanlyn-onderrig belangstel. Heidi Malan het met Vee Cowie, onderwyskundige en self ‘n tuisskoolouer, gesels. Vee onderrig haar seun tuis vanaf sy vyfde jaar en soos dit maar die geval is met talle tuisskoolgesinne, was dit ’n proses om te bepaal wat vir hulle as gesin sou werk. Tuisskool is baie anders as ‘skool by die huis’ (soos wat die geval tydens die Covid 19-pandemie was). Baie min tuisskoolouers volg dieselfde kurrikulum, filosofieë of metodes. En juis daarom werk dit vir hulle. Tuisskool is aanpasbaar en kan vir elke kind en gesin se verskillende situasies en behoeftes aangepas word.

Hul seun is op skool geboelie wat gelei het tot oormatige angstigheid. Op vyfjarige ouderdom het hy paniekaanvalle voor skool gehad. Hy het ook leerprobleme gehad, soos disleksie en sy oë het ook met moeite gefokus. Aanvanklik het Vee-hulle beplan om hom net ’n jaar of twee tuis te onderrig om die stres te oorkom en ’n vlak te bereik waar skoolgaan en leer nie angs veroorsaak het nie. Hoe verder hulle egter op die tuisonderrigreis gevorder het, en hoe meer navorsing sy gedoen het en begin verstaan het hoe die brein funksioneer en leer, hoe meer het sy besef ’n tradisionele skoolomgewing gaan nie vir hulle werk nie.

Vee wys daarop die ouer is daar om die emosionele behoeftes van die kind te ondersteun. Kinders bestee nie so baie tyd saam met skoolvriende nie en om boonop tuis te moet skoolwerk doen, kan oorweldigend wees. Tuisskool is meer as net fokus op die akademiese behoeftes van jou kind. Dit gaan daaroor om goed aangepaste individue te ontwikkel wat in staat is om enigiets waarmee hulle in die lewe gekonfronteer word, te hanteer. Tuisskoolleerders het egter dikwels meer tyd tot hulle beskikking om aan allerhande klubs, sportspanne en aktiwiteite te behoort as hul skoolgaande eweknieë. Streng skedules is dikwels nodig om seker te maak dat daar ’n balans gehandhaaf word.

Sy wys daarop die Departement van Onderwys se webtuiste (https://www.education.gov.za/) het ’n uitgebreide lys van vereistes vir die verskillende grade asook aflaaibare werkkaarte en aktiwiteite. Die beste is om spesifiek te Google waarna jy op soek is, bv. graad 3, deelsomme, gratis werkkaart. Daar is ook ’n hele aantal gratis leerwebtuistes, en hulle dek ’n groot verskeidenheid onderwerpe. Of gaan kyk op YouTube. Daar is letterlik duisende opvoedkundige video’s om uit te kies en is dikwels ’n waardevolle hulpbron om te raadpleeg. Vee se aanbeveling is om dit so eenvoudig moontlik te hou. Soek na dit wat jy spesifiek nodig het, pleks van ’n algemene kurrikulum.

Sy maan ouers om versigtig te wees om aan te sluit by aanlyn-kurrikulumverskaffers, alhoewel dit ’n nuttige hulpbron is as jy permanent tuisonderrig doen. Dit kan duur wees. Kyk gerus by van die gratis hulpbronne. Daar is ’n hele paar biblioteek-apps, soos Libby (https://www.overdrive.com/apps/libby/). As jy ’n biblioteekkaartjie het, het jy toegang tot honderde e-boeke aanlyn en dit is gratis. Daar is fantastiese hulpbronne vir kinders beskikbaar. Ruil idees uit met ander ouers. Of doen ’n vakuitruil – een ouer vind hulpbronne vir wetenskap en die ander vir geografie – en dan ruil julle uit.

Gaan gerus na Afrikaans.com vir baie meer besonderhede want weens ‘n gebrek aan ruimte moes die artikel baie verkort word. Wie weet, dit verander dalk jul gesinslewe ten goede.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

Back to top button