South Coast Fever

Stiltetyd

Baie dinge in die lewe laat jou op moedverloor se vlakte

Laat my in die môre van u troue liefde hoor, want op U vertrou ek. Wys my die pad wat ek moet loop, want U is my verlange.
Die woorde van Psalm 143 is die gebed van iemand, ‘n gelowige, wat op moedverloor se vlakte is.
Daar is nogal baie dinge in die lewe wat mens so laat voel.
In die lewe is daar talle uitdagings en ervarings wat ‘n mens se moed kan breek.
Dit kan insluit persoonlike verliese, soos die afsterwe van ‘n geliefde, of die einde van ‘n belangrike verhouding.
Finansiële probleme, werkverlies, angstigheid oor die toekoms of gesondheidskwessies, kan ook ‘n groot impak hê.

Daarbenewens kan konstante stres, angs, en depressie ‘n mens se geesdrif en hoop aantas.
Die Psalmis verwoord sy nood voor die Here in gebed.
Op moedverloor se vlakte sit hy. Hy is ontnugter deur die lewe.
Platgeslaan deur omstandighede. Hy sien nie kans vir die pad vorentoe nie. Is dit nie soos sommige mense vandag voel nie? Moedeloos; teneergedruk; pessimisties; verslae.
Die Psalmis pleit by die Verbondsgod om na hom te luister en ag te slaan op sy situasie.
Dis dan dat die Psalmis maar net kan terugdink aan die verlede.
Hy peins oor wat God in die verre verlede gedoen het. Hy roep die handelinge van die Here in die geskiedenis van sy volk in herinnering.

Groot en magtige dade het die Here in die verre verlede gedoen. Dit het die Here gedoen en uitkoms gebring. Maar nou sit hy op moedverloor se vlakte en is daar niks hiervan sigbaar nie.
Ons kan met sy smeekbedes identifiseer. Hy vra dat die Here nie van hom wegkyk nie, want dan sal hy sterf.
Hy vra dat hy die liefde van die Here elke môre sal beleef. Hy bid egter ook dat die Here hom sal leer om sy wil te doen.

Hy vra dat die Gees van die Here hom lei op gelyke grond. Mag die Here jou ook lei op gelyke grond vandag.
As jy terugdink aan die pad waarlangs Hy jou gelei het tot hiertoe, mag Hy wat getrou is aan Homself en Sy beloftes, jou om Christus ontwil verder lei.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

Back to top button