Toegang is gratis vir NG Kerk basaar

Die beste deel van die basaar is egter om die res van die omgewing se mense te ontmoet en ook saam met hulle die dag te geniet.

Kerk basaar’s is gewoonlik groot byeenkomste. Dit is ook so vir die NG Kerk Port Shepstone.
Dit is ‘n heerlike samekoms waar die hele gemeente saam werk en kuier.
Die beste deel van die basaar is egter om die res van die omgewing se mense te ontmoet en ook saam met hulle die dag te geniet.

Op Augustus 4 en 5 doen ons dit weer.
Kom wees deel van die feestelike geleentheid. Dit beloof of ‘n onvergeetlike dag vol pret te wees.
Vir die jongspan is daar springkastele, mini trekker ritte en spesifieke stalletjies net vir die kinders.
Dan soos gewoonlik gaan ons heelwat tweedehandse klere en ‘n wit olifant tafel hê.

Die hoogtepunt is natuurlik al die heerlike eetgoed, van pannekoek, jaffels, kerrie en rys tot lewerkoekies en afval.
Heerlike tuisgebak en ingelegde vrugte en konfyt.
Die basaar begin Vrydag, Augustus 4 om 4.30pm en Saterdag om 8am Hoërskool Suid-Natal.
Toegang is gratis en almal is welkom.

Like the South Coast Fever’s Facebook page

Exit mobile version