BlogsOpinion

Stiltetyd

Die basiese beginsel waaraan ons almal moet vashou...

Kan ons nog mense vertrou, vra die skeptici? Kan ons op enigiemand of enigiets vertrou? Ons vertroue word dikwels geskend deur mense of instansies.
Tog beteken dit nie dat ons skepties oor alles moet wees nie. Daar is natuurlik ook iets soos positiewe skeptisisme. Die lei tot beter probleem oplossing, kreatiewe denke en die vermoë om krities te dink.

Mense word egter nie maklik oortuig van ’n saak nie. Die gelowige mens sien egter die onsienlike, kyk met ander oë na die werklikheid.

1 Johannes 2:12-17 sê dat elke gelowige mense, behoort soos ’n kind te wees. Hoekom?

Kinders het ’n soort vaste vertroue in die basiese dinge, ook wat die geloof betref: hulle klou sonder twyfel vas aan die eenvoudige beginsels van die geloof.

En die basiese beginsel waaraan Johannes wil hê dat sy lesers moet vashou, is dat hulle sondes hulle vergewe is, omdat God hulle Vader is.

Dit is wat Johannes hier aan die kinders toeskryf: “Ek skryf aan julle, kinders, omdat die sondes julle vergewe is om sy Naam ontwil.”

Dit is die mees basiese vastigheid van die geloof waarin Johannes sy lesers wil bemoedig. En dan is dit vir hom geen onsekerheid nie: “Móóntlik is julle sondes julle nie vergewe nie.”

Nee, dit is die feite, dit is die toestand van die lewens van sy lesers: hulle sondes is hulle vergewe. Hierin mag ons, moet ons soos kindertjies wees – die basiese vastighede van die geloof moet ons aangryp en vir geen oomblik daaraan twyfel nie.

Dit is die posisie van elke gelowige: hulle kan in die geloofstryd nie deur die vyand oorwin word nie, want hulle het Iemand in hulle midde wat reeds die oorwinning behaal het; hulle veg in die leër van die Oorwinnaar.

Dit is drie drie sekerhede in die Christen se geloofslewe wat Johannes hier aan sy lesers uitlig, wat hy aan elke Christen voorhou: soos klein kindertjies hou ons daaraan vas dat ons sondes vergewe is, soos volwasse gelowiges het ons kennis van ons Verlosser, soos sterk jongmanne kry ons die krag om die stryd te stry in die seëvierende leër van ons Here.

Vra jou vrae, maar rig dit tot die regte adres, tot Christus.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

Back to top button