Lenteviering by Suid-Natal Primêr

"Op die sportveld het ons O/11 en O/13 sokkermeisies teen Hlanganani Primêr gespeel, en ons atlete het puik presteer tydens die interskole atletiekdag by Creston College."

Lente het aangebreek, en ons sê totsiens aan die koue winter! Suid-Natal Primêre skool het die seisoen met ‘n vrolike lentestap afgeskop, waar ouers, personeel en leerders om die skool gestap het en met ‘n ysie afgekoel het.

Ons graad R-opedag was ‘n groot sukses en ons sien uit na die nuwe maatjies wat volgende jaar by ons aansluit.

Op die sportveld het ons O/11 en O/13 sokkermeisies teen Hlanganani Primêr gespeel, en ons atlete het puik presteer tydens die interskole atletiekdag by Creston College.

Vandag laat ons die aap uit die mou oor…

“ Sy fortuin met sy voete vertrap” beteken van sy kanse geen gebruik maak nie.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

Exit mobile version