Prestasies op die sport en akademiese front

"Ons uithouvermoë-atlete het ons skool by die Ugu landloopbyeenkoms verteenwoordig en ons naam met trots gedra."

Die spoedige spellers van ons graad 4 tot 7 leerders, insluitend SPO 2 en 3, het aan die snelspel-uitdunne deelgeneem. Ons sien met groot verwagting uit na die finale rondte wat binnekort plaasvind.

Ons uithouvermoë-atlete het ons skool by die Ugu landloopbyeenkoms verteenwoordig en ons naam met trots gedra.

Op die atletiekbaan het ons graad 4 tot 7 leerders aan die 800m interhuiswedloop deelgeneem. Baie geluk aan ons plek-wenners, en ‘n groot dankie aan al die ouers en voogde wat so getrou kom ondersteun het.

Ons O/13-sokkerseuns het aan ‘n sokkertoernooi by Port Shepstone Senior Primêr deelgeneem. Die kompetisie was uitdagend, maar ons seuns het goeie karakter en deursettingsvermoë gewys. Ons graad 1 tot 3 netbalmeisies het aan ‘n netbaltoernooi by Creston College deelgeneem en dit terdeë geniet.

Vandag laat ons die aap uit die mou oor…

“ ‘n Draad vir elke naald hê” beteken altyd ‘n antwoord klaar hê.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

Exit mobile version