Schools

Suidies ontdek demokrasie in aksie

Hulle het hul taak uitstekend uitgevoer en het werklik getoon dat hulle bekwaam is om voor 'n gehoor te praat.

Die graad 6-leerders verken die konsepte van demokrasie en burgerskap in Suid-Afrika. Hulle leer hoe politieke partye gestig word en hoe die president verkies word. As deel van die praktiese leer, het die leerders hul eie partye gestig, en later in die kwartaal sal daar ‘n verkiesing gehou word.

Ons graad 1 tot 3 leerders het die geleentheid gehad om aan ‘n interne Engelse redenaarskompetisie deel te neem. Hulle het hul taak uitstekend uitgevoer en het werklik getoon dat hulle bekwaam is om voor ‘n gehoor te praat. So bek moet jêm kry!

Ons gekose landloopatlete het aan die derde interskole landloopbyeenkoms by Southcity College deelgeneem en so vinnig gehardloop dat die stof so staan!

Vandag laat ons die aap uit die mou oor…

“Die mes sny na albei kante toe” beteken die saak het twee kante.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

Back to top button