Schools

Suidies maak gesiedenis

Die skool is ongelooflik trots op die toegewyde spelers en afrigters wat hierdie prestasie moontlik gemaak het.

Suidies skool beleef ‘n opwindende en historiese oomblik met die bekendstelling van ons eerste senior seun- en meisie-sokkerspanne. Vir die eerste keer in die geskiedenis van ons skool sal hierdie spanne aan toernooie deelneem, wat ‘n nuwe era van sport en spanbou vir ons gemeenskap inlui.

Die skool is ongelooflik trots op die toegewyde spelers en afrigters wat hierdie prestasie moontlik gemaak het. Hierdie mylpaal is ‘n bewys van ons verbintenis tot sport en die ontwikkeling van talent. Ons wens al ons spanne die beste toe en sien uit na hul suksesse op die veld.

Suides SPO 3 leerders het hulle tema oor ‘Onthou’ afgesluit met die inkleur van Kaapse Klopse kostuums. Die leerders was baie kreatief en het dit terdeë geniet! Daar kom die Alibama, die Alibama kom oor die see…

Vandag laat ons die aap uit die mou oor…

‘Sy jas is in die wiel’ beteken hy is in die moeilikheid.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

Back to top button