Schools

Suidies haal uit en wys!

Die graad 6 leerders is hard besig om hersiening te doen en eksamen te skryf...

Die graad 6 leerders is hard besig om hersiening te doen en eksamen te skryf, maar so tussen deur het ons ook tyd vir ontspannende lees. “Charlie and the chocolate factory” is gunsteling en die leerders geniet dit om op die boek se avonture te gaan.

Ons Suidies was betrokke by die Liefdadigheidsslipperdag op 31 Mei 2024. Personeel en leerders het die geleentheid gekry om met tekkies met snaakse kouse, opgemaakte plakkies of hulle pantoffels skool toe te kom. Dit het baie snaaks gelyk en groot gelag tot gevolg gehad maar dit is vir ? goeie doel en ons ondersteun die saak graag!

Ons graad 1 tot 3 hokkiebokkies en sokkermanne het almal hulle harte uitgespeel en die kompetisie was taai by Port Edward Primary skool se Wintersportdag!

Welgedaan Suidies, julle het julself uitmuntend gekwyt van julle taak!

Vandag laat ons die aap uit die mou oor…

“Daar’s lewe in die brouery” beteken hulle word wakker.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

Check Also
Close
 
Back to top button