Schools

Nuwe seisoene en hoë posisie by Suid-Natal Primêr

Suid Natal skool nuus.

Suid-Natal Primêr ontvang nuwe personeel. Baie welkom aan Estelle Jansen van Vuuren by graad 1, Cornelle Rossouw by graad 3 en Bianca Pretorius by graad 7.

Hoop julle gaan ‘n lang en gelukkige loopbaan by die skool hê.
Baie geluk aan Quintin Janse van Rensburg met sy nuwe posisie as adjunkhoof van Suid-Natal Primêr.

Die graad 5 leerders is reeds hard aan die werk in die nuwe skooljaar. Handboeke en skrifte is ontvang.
Elke leerder spog ook met die nuwe dagboek van 2024. In kwartaal 1 leer die graad 5 leerders oor skelette.

Die interessante temas maak dat ons graad 5 leerders graag wil werk en gee hul beste in die klaskamer.
Swem-uitdunne was ook gehou om voor te berei vir die opkomende gala. Sterkte aan al die swemmers wie die span behaal het.

Vandag laat ons die aap uit die mou oor…

“Dit hot-agter kry” beteken om dit besonder swaar te kry of dit opdraand kry.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button