Groot opgewondenheid heers oor die skool

Suid-Natal Primêre school news.

Verlede week Vrydagoggend, staan elke graad 6 leerling van Suid-Natal Primêre Skool in groot afwagting en opgewondenheid pols deur die skool… en dan is dit tyd, die prefekte vir 2024 word aangekondig deur ons skoolhoof, Callie Krog. Opgehoue asems word uitgeblaas en dit is asof die skoolgebou sug van verligting, die spannng is verbreek.

Baie geluk aan elke seun en dogter wat verkies is tot prefek, mag julle sterre helder skitter in die komende jaar.
Kwartaal 4 het weggespring met ‘n stewige pas. Met groot opgewondenheid en effense huiwerigheid pak Suidie-dogters vir die eerste keer krieket aan.

Die skool kan nie wag om te sien watter hoogtes hierdie dogters met die bal en kolf sal behaal nie.
Akademies woeker en werskaf Suidies deur die laaste werk, terwyl ander al wroeg en wurg aan inskerping en hersieningsoefeninge. Ongelooflik lê die eksamen al en loer om elke hoek en net ‘n katspoegie verder wag Suidies se glansgeleentheid – die prysuitdeling.
Vandag laat ons die aap uit die mou oor…

“Iemand dadels gee” beteken om iemand ‘n pakslae te gee.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version