‘n Kwartaal vol opwinding

Baie dankie aan Panarottis Shelly Beach wie ons skoolpersoneel kom bederf het met vingeraflek-lekker pizza vir onderwysersdag! Die spreekwoordelike appel is toe vervang met ‘n lekker sny pizza!

Leerders by Suid-Natal Primêr is opgewonde om die laaste kwartaal te begin. In alle vakke word daar voorberei vir die eindeksamen wat in November begin.

Ons graad 5 leerders bly op hoogte van sake. In wiskunde doen hulle omtrek, oppervlaktes en volume. Om hierdie konsepte te leer is lekker en leerders berei sommer voor om eendag bouers, engineurs, onderwysers, wetenskaplikes of hul droom beroep-keuse te kan verwesenlik.

In NWT het die leerders aan die einde van Kwartaal 3 geleer van wiele en asse. Die leerders het geleentheid gehad om hulle eie wiele en asse vervoermiddels te bou. Die klasse is tans ook besig in PSW met plaaslike gesondheidsprobleme wat die oorsake van aansteeklike siektes, die simptome en behandeling daarvan insluit. In Engels het die leerders geleer van ‘verb to be’ waar hulle oulike bootjies geteken het om hul te help leer.

Op die sportveld is ons Suidies baie opgewonde oor die krieket- en swemseisoen wat in volle vaart is.
Vandag laat ons die aap uit die mou oor…“Bobbejaanstuipe kry” beteken om erg ontsteld oor ‘n kleinigheid te wees.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version