Schools

Super-Suidies skitter stralend

Suidies skool nuus.

Die Graad 5 leerders het baie kreatief mondelings aangebied waar een of twee hulpmiddels gebruik is. ‘n Hoed of kierie of wat ookal is gebruik om te dramatiseer. Ons is vermaak en het aan hul lippe gehang.

Die Graad R uitnodingsdag was ‘n reuse sukses. Nuwe Graad R leerders van 2024 het dit baie geniet om hulle nuwe skool te besoek en die Graad R onderwysers te ontmoet. Die skool sien baie uit na ons nuwe Super-Suidies van 2024.

Die SPO 2 en 3 leerders het baie hard geleer aan die woorde wat vir hulle gegee is vir hul snelspelkompetisie. Uiteindelik het die dag toe aangebreek en het hulle met baie vlinders in die maag die uitdaging aangepak. Na die eerste rondte het die senuwees ‘n bietjie kalmeer en het hulle flink begin spel.

Die Graad 6 Markdag is afgewag met groot opwinding en entoesiasme, en die Graad 6 Suidies het nie telleurgestel nie. Tafels is gedek en uitgevat met alles en nog wat, wat suiker is. Na ‘n baie besige kwartaal het elke Suidie, leerling en onderwyser, ‘n ekstra suikertjie nodig.

Vandag laat ons die aap uit die mou oor…

“Warm en koud blaas” beteken vir homself teëspreek.

Ons jaarlikse fietsry- en kaskarmarathon was vet pret. Hiermee ‘n opregte dank aan TO Strand en die oordbestuurder, Riaan Maritz, vir hul bereidwilligheid om hul kaskarre vir ons te leen vir ons kaskarmarathon. Met hul hulp kon al die maats die aand terdeë geniet het, al het hul nie fietse gehad nie. Jayden Bezuidenhout (stoot van agter) en Malcolm Jacobs (sit op die kaskar).

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button