Suidies blink uit op die sportveld

In die junior atletiek-interhuis is ons Graad 1 ouderdomswenners Zara Erasmus, André Erasmus en Stefanus Terblanche en ons Graad 2 ouderdomswenners Lianelle Kellie, Annelize Nel en André Nel.

Hier by Super Suidies het die Graad 1 maats alles geleer van ons vier seisoene deur die loop van die jaar, van winter warm aantrek tot en met ‘n lekker roomys eet op ‘n sonnige somersdag. Die leerders eindig die winterseisoen af met spogkuns, waar hulle hul eie sneeumanne gebou het.

Die jaar het die boetie-sussie tweelinge van ons skool behoorlik die koppe laat draai. By ons junior atletiek-interhuis is ons Graad 1 ouderdomswenners Zara Erasmus, André Erasmus en Stefanus Terblanche en ons Graad 2 ouderdomswenners Lianelle Kellie, Annelize Nel en André Nel. Wel gedaan, julle is voorwaar Super Suidies!

Ons Graad 1 tot 3 netbal meisies was die afgelope 2 weke baie bedrywig. Hulle het aan verskeie toernooie teen Margate Primary, Port Edward Primary en Creston College deelgeneem. Die netbal poppies het hulle harte uit gespeel en speel-speel baie geleer. Om bus te ry en ysies te eet was beslis deel van die pret.
Vandag laat ons die aap uit die mou oor…

“Dis vinkel en koljander” beteken die twee dinge of mense is presies dieselfde (veral gesê van ‘n identiese tweeling).

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version