Schools

Piet die tandemuis kom kuier by Suid-Natal Primêr

Die Graad R, 1 en 2 maats het aan tandemuis Piet se lippe gehang toe hy ons leer van tande higiëne.

Piet die tandemuis het Vrydag vir ons Super Suidies kom kuier. Die Graad R, 1 en 2 maats het aan tandemuis Piet se lippe gehang toe hy ons leer van tande higiëne. Twee vir twee – borsel twee keer ‘n dag vir 2 minute en kry ‘n helder glimlag!

Die Graad 6 leerders het hierdie kwartaal prakties gedoen in NWT. Leerders is in groepe verdeel en moes in groepverband toets of verskillende kossoorte stysel bevat. Dit is gedoen deur die gebruik van Jodium. Leerders het dit baie interessant gevind en het die geniet om te sien hoe die Jodium van kleur verander.

Ons 1ste spanne in hokkie, netbal en rugby het aan ‘n sportweek deelgeneem by Kuswag in Amanzimtoti waar hulle teen verskeie toerspanne gespeel het. Die leerders het dit ontsaglik geniet en ons sien uit na opwindende wintersport seisoen in Kwartaal 2.
Ons Graad 1 – 3 netbal dogters het deelgeneem aan ‘n mini-netbal toernooi teen Creston College en baie goeie ondervinding opgedoen.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button