Super-Suidies op hul beste

Die JP leerders het aan ‘n interhuis-gala deelgeneem by Creston College verlede week en dit baie geniet!

Suidies se graad 7 leerders het slakke ondersoek. Daar is ontdek dat slakke uit water bestaan en dat hul raspertonge omtrent ‘n blaarslaai kan opeet.

Ons Suidie-sterretjies swem soos vissies in die water by hulle pret-gala. Baie dankie aan al ons mammas, pappas, oupas, oumas en voogde wat ons sterretjies so mooi kom ondersteun het en bygedra het tot ‘n baie suksesvolle dag.

Ons JP leerders het aan ‘n interhuis-gala deelgeneem by Creston College verlede week en dit baie geniet!
Dan was daar ook krieket teen Izotsha waar ons seuns hul balvaardighede op die toets kon stel en hulle het hulself baie goed van hulle taak gekwyt.

Die Graad 1 – 3 hokkie-bokkies het aan ‘n hokkie toernooi deelgeneem by Southcity College waar hulle 4 kort wedstryde teen verskeie skole gespeel het. Om te slaan, dribbel en doele te skiet is van ons klein hokkiesterre se drome.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version