Local news

Vyftig jubeljare gevier

Die Gemeente is bevoorreg dat 'n lidmaat, Cecile Steyn, spesiaal 'n feeslied vir die geleentheid, volledig met gepaste lirieke, gekomponeer het.

Die afgelope Sondag was Margate NG Kerk stampvol, soveel só dat ekstra stoele ingedra moes word. Met soveel mense, het die dak behoorlik gelig wanneer daar saamgesing is.

In Bybelse kleredrag is Susan Coetzee en haar twee dogters, San-Mari en Lo-Ann, by Marietjie en Nic Grobler.

Die geleentheid was die halfeeuviering van die Kerk se bestaan, en só is die Kerk se missie om hierdie feesjaar as jubeljaar te gedenk, prakties uitgeleef.

Die Gemeente is bevoorreg dat ‘n lidmaat, Cecile Steyn, spesiaal ‘n feeslied vir die geleentheid, volledig met gepaste lirieke, gekomponeer het.

Die oorgawe waarmee die gemeente hiedie lied tydens die feesdiens gesing het, spreek boekdele.
Heelparty oud-leraars van die gemeente, en emiritus predikante wat die Suidkus hul aftreetuiste gemaak het, asook besoekende leraars, het die feesdiens en daaropvolgende Bybelse ete saam meegemaak.

‘n Ontspanne Ds Lerisa Meyer, mede-leraar van die gemeente, geniet ‘n geselsie met Leoné van Deventer voor die aanvang van die feesdiens.

Die feesmaal is ingelei met die instelling van die Nagmaal, en daarna is gaste getrakteer op Bybels geïnspireerde geregte.

In streng NG tradisie het die voorslag dames van die gemeente beïndruk met hul onthaalvernuf.
Gemeet aan die viering van die eerste 50 jaar, gaan die pad na die eeufeesviering, vyf dekades verderaan, uiters geseënd wees.

‘n Groepie van die predikante wat die fees bygewoon het (van links) Dr Cobus Geyser, Ds Piet Beukes, Ds Louis van der Walt, Dr Nic Grobler, Dr Dawie Oosthuysen, Ds Ben van Dyk en Ds Jakkie Swanepoel.

Die slotreëls uit die feeslied gee gestalte hieraan: “Volhard in die wedloop, Margate, Die oë gerig op Jesus, Margate, Ons Leidsman en Voleinder van geloof.”

Die ervare Cobus Pienaar, wat al sedert die stigting van Margate NG Kerk vyftig jaar gelede, die orrelbegeleiding tydens die eredienste doen.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook pag

Back to top button