Margate NG Kerk vier 50 Jaar

Die afgelope 50 jaar het Margate NGK hom diep in die Suidkus ingegrawe.

Eerskomende naweek, op 3 Maart, vier die Margate NG Kerk 50 jaar van genade. Die hoogtepunt is ‘n ope Feesdiens om 8:30 in die kerkgebou en daarna word gemeentelede en genooide gaste getrakteer op ‘n Bybelse Ete.

Aanvanklik was Port Shepstone NG Kerk die tuiste van ál die lidmate aan die Laer Suidkus. Teen 1969 het die Afrikaanssprekende inwoners egter só toegeneem dat daar begin is met dienste ook in die Metodiste Kerk in Margate. So het die droom van ‘n eie selfstandige NG Kerk vir Margate posgevat. In Februarie 1974 is daardie droom bewaarheid toe besluit is dat Margate NGK met 360 lidmate sal afstig van die Port Shepstone NGK.

Die afstigting was ‘n geloofsdaad, getreiter deur finansiële swaarkry van meet af aan, omdat die oorgrootte meerderheid lidmate pensioenarisse met beperkte inkomstebronne was. ‘n Skenking vanaf die Port Shepstone

Die Margate NG Kerkgebou, ‘n geskenk van die Humangesin van Bloemfontein, ter nagedagtenis aan hul seun Callie Human wat op 16-jarige ouderdom tragies oorlede is in ‘n motorfietsongeluk.

Moedergemeente van ‘n leë erf en ‘n aangrensende huis as pastorie, was ‘n welkome “bruidskat”.
Uitkoms vir die bou van ‘n kerkgebou het gekom uit ‘n tragiese insident, wat die Here op ‘n wonderbaarlike manier gebruik het tot voordeel van die Gemeente. Die 16-jarige Callie Human, enigste seun van die Bloemfonteinse sakeman Barnie Human en sy gade, is tragies in ‘n motorfietsongeluk oorlede. Die gesin, wat gereeld by hul strandhuis in Ramsgate vakansie gehou het, het besluit om, in stede van ‘n grafsteen vir Callie, eerder ‘n kerkgebou vir Margate te finansier. Die kerkgebou, wat in sy argitektuur herinner aan ‘n seilskip, is in September 1974 ingewy.

Die afgelope 50 jaar het Margate NGK hom diep in die Suidkus ingegrawe. Daarbenewens is dit ‘n welkome geestelike hawe vir binnelandse vakansiegangers, wat altyd melding maak van hoe lekker die Kerk sing! Op Kersdag word daar talle dienste gehou, partykeer tot 7 oggenddienste!
Uitreik na die anderstalige kerke in die omgewing en sendingwerk in Angola, die Transkei Namibië en Nepal word deur die Kerk ondersteun. Die Kerk se hart klop warm vir bejaardes met dienste in die Margate Aftreesentrum, en dit ondersteun ook die Pro Deo Versorgingsgroep, wat aanvanklik deur die Kerk geïnisieer is en nou onafhanklik bedryf word. Energieke afgetredenes verkeer tweeweekliks sosiaal saam by die Kerk se Kierieklub. Insgelyks word die toenemende getal jong kinders op hul eiesoortige manier ingelyf in die uitleef van hul Christenskap.

Die jaarlikse Kerkbasaar in die groot tent by St Michaelsstrand tydens die wintervakansie, is altyd ‘n heerlike samesyn vir plaaslike inwoners en vakansiegangers – en ‘n belangrike inkomstebron.

Die afgelope 50 jaar was Margate NGK op ‘n geseënde reis met God, en met ‘n immergroeiende lidmaattal, word hierdie jaar gedenk as ‘n jubeljaar. Met die Kerk se leuse “Margate leef vir Christus” word daar met groot verwagting uitgesien na die volgende 50 jaar.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version