NG Kerk basaar was nogal briljant

Baie dankie aan almal wat ondersteun het.

Die NG Kerk Port Shepstone se basaar was baie suksesvol. Die gemeente het ingespring en hard gewerk met die voorbereiding. “Ons was geseënd en is baie dankbaar vir die gemeenskap wat ons ondersteun het,” het Nelie Houghton gesê.

Joe Horn wys ‘n paar interessante items.
Leonet van Niekerk en Donovan O’Neill bring ‘n bietjie vrolikheid met prettige hoede.

Die jongspan het heerlik op die trekker ritte en springkasteel gespeel en almal was sommer vroeg uitverkoop met die lewerkoekies, afval en koeksisters. Daar was heerlik gekuier met lekker musiek en ons sou graag langer wou kuier, maar soos tafel vir tafel uitverkoop het was ons teen 13h00 klaar met ‘n dag vol pret.

Uitsig vanaf die verhoog van goedere en kos te koop.
Tasse wat soos kortbroeke lyk, vertoon deur Louise Davies.

Baie dankie aan almal wat ondersteun het. “Ons het gehoop om aan te hou tot later, maar dit was so ‘n sukses dat alles vinnig uitverkoop het. Die enigste ding wat ons oor het, is ‘n bietjie brood wat ons sal gebruik vir ons kosprogramme en toebroodjies vir skoolkinders maak.”

Wessel Coetzee met eetgoed te koop.
Pauli van der Westhuizen in ‘n prettige, pannekoek-blaaiende bui.
Mariska en Melenick Jacobs geniet die dag.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

Exit mobile version