NewsSchools

Hoërskool Suid-Natal atlete behaal vierde plek

Altesaam het tien groot skole van sover as Richardsbaai aan hierdie byeenkoms deelgeneem.

Hoërskool Suid-Natal se atlete het verlede Dinsdag aan die jaarlikse interskole-byeenkoms te Durban deelgeneem. Altesaam het tien groot skole van sover as Richardsbaai aan hierdie byeenkoms deelgeneem en kompetisie was straf.

ALSO READ : Hoërskool Suid-Natal bereik nuwe hoogtes

Suidie-atlete het nie net positiewe gees gehad nie, maar behaal ook ’n uitstekende algehele vierde plek.

Marizaan Wagenaar was aangewys as die beste senior meisies’ baanatleet en Adri van der Walt as beste senior meisies’ veldatleet. Hulle is albei geluk gewens vir hul uitmuntende prestasies.

Welgedaan aan al die fantastiese Suidie atlete – die skool is trots op julle.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

For news straight to your phone, add us on WhatsApp 082 421 6033

Check Also
Close
Back to top button