SUID-NATAL Primêr se ‘Locker Room 13’ aand was ’n reuse sukses en alle betrokke partye het die aand terdeë geniet. Baie dankie aan almal wat gehelp het om die aand so suksesvol te maak.
Baie geluk aan prefekte wat onlangs gekies was! Suidies wens julle ’n genotvolle prefekte kamp. Die skool weet dat hulle gaan lekker saamwerk en die termyn geniet.
YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN : Suid-Natal Primêr bou koelhouers
Die eerste krieketspan het verlede skool vakansie getoer, goeie krieket gespeel en baie pret gehad. Dankie aan al die ouers en organiseerders wat die toer moontlik gemaak het.
Die vierde kwartaal is ’n kort, besige een en leerlinge is baie sterkte toegewens vir die harde werk wat voorlê.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
