NewsSchools

Suid-Natal Primêr berei voor vir Hibiskus Fees – kaartjies nou beskikbaar

Baie geluk aan die eerste rugbyspan wat vierde plek behaal het in die nagreeks te Gelofte.

SUID-NATAL Primêr se gr 2 leerlinge het hulself gate uit geniet op die waterglybaan in verlede week se warm weer. Hulle is ook druk besig om te oefen vir die groot pretgala wat vandag (Donderdag) plaasvind.

Baie geluk aan die eerste rugbyspan wat vierde plek behaal het in die nagreeks te Gelofte. Hulle het pragtig gespeel.

Die dubbelpaaltjie toernooi het verlede Saterdag plaasgevind waar baie goeie krieket gespeel was. Goeie kolf en boulwerk is ten alle tye gehandhaaf. Dankie aan al die ouers wat die dag ondersteun het.

YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN: Grade 1 – few tears at Suid Natal Primary

Die Hibiskus Fees is om die draai en kaartjies vir Snotkop en Bok van Blerk se vertonings is beskikbaar by die skoolkantoor.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button