Suid-Natal Primêr swemmers vaar uitstekend

Personeellede het verlede Saterdag lekker gees gevang met opleiding te TO Strand.

SUID-NATAL Primêr se gr 3 en 4 gala was ’n reuse sukses en leerlinge het mekaar goed opgedreun.

Die rooispan loop met die louere weg terwyl die geelspan die geesbeker gewen het.

Ouderdomswenners Mia Jooste (O9 dogters), Wian de Beer (O9 seuns), Elvoné Strydom (O10 dogters) en Xander Delport (O10 seuns) is geluk gewens en al die ouers wat die gala bygewoon het is hartlik bedank.

Geluk aan die nagreeks netbal en hokkie dogters wat goed gevaar het en sterkte is toegewens aan die eerste span rugbyseuns wat sal uitspeel vir die derde en vierde plekke.

Personeel, gades en onderwyshulpe het verlede Saterdag lekker gees gevang met personeelopleiding te TO Strand. Hulle het spanbou, water-aktiwiteite en ’n klimmuur aangedurf en die dag is afgesluit met ’n heerlike bring en braai.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033

Exit mobile version