NewsSchools

Suidies vaar goed in aandreeks

Jaco Pienaar is aangewys as speler van die wedstryd.

SUIDIES se eerste en tweedespan netbal dogters het die aandreeks afgeskop met oorwinnings teen Creston en Southcity. Albei spanne het kookwater netbal gespeel en sien uit na ’n opwindende seisoen die jaar.

Die rugby eerstespan het die aandreeks afgeskop teen Creston met ’n groot oorwinning van 17-0. Drieë was gedruk deur Jacques Gouws, Jaques Engelbrecht en Andries Knoetze en twee uit die drie doelskoppe was suksesvol deur Müller Booyens. Teen Southcity was dit ’n harde naelskraap wedstryd en die eindtelling was 7-3 in Southcity se guns.

Die krieket eerstespan het met nege paaltjies teen Southcity verloor. Sibusiso Ngqengelele was gekies as bouler van die wedstryd en Kyle Janse van Vuuren as kolwer van die wedstryd. Die span het met ses paaltjies teen King Edward verloor. Leenan le Roux was bouler van die wedstryd, CJ Ludik kolwer van die wedstryd en Jaco Pienaar is aangewys as speler van die wedstryd.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033

 

Back to top button