HSN hou pret interhuis swemgala

Die swemmers is definitief talentvol en moet dopgehou word gedurende die swemseisoen.

HOËRSKOOL Suid-Natal se interhuis swemgala het vir baie pret gesorg en swemmers, sowel as die matrieks, het hulself gate uit geniet. Charles Thompson is as junior victor ludorum aangewys, Michelle Kretzschmar is junior victrix ludorum en Daniëlle Smith is senior victrix ludorum. Dié jong belowende swemmers het baie talent en moet definitief gedurende die swem seisoen dopgehou word.

Daniëlle Smith is ’n sterk swemmer en is gekies as senior victrix ludorum.

In die O15 krieket wedstryd teen Sheppie High het Suidies met 8 paaltjies verloor en in die O15 wedstryd teen King Edward High School het Suidies met 71 lopies verloor. Die eerste span het met 19 lopies verloor teen King Edward High School.

Suidies (agter, van links) Donovan van den Berg, JJ Dixon, Jaodan Arlow, Jaco Vos, (middel) Ilze de Wet, JP Mostert, Charné Pretorius, Hendrik Gouws, Amanda Smit, Melissa de Wet, Angelique Fourie, (voor) Megan Mustard, Tameryn Geyser, Cindy Yssel en Marizaan Pretorius het verlede week se interhuis swemgala baie geniet.

Komende gebeure: Februarie 12 – Plaaslike nagreeks, netbal; Feb 13 – Suidies vasvra; Valentynsokkie en ‘Sivviedag’; plaaslike nagreeks rugby vs Creston.

Exit mobile version