BlogsOpinion

Wat is die situasie met jou gewete?

Tree jy op as iemand wie se gewete onder God se bestuur staan, of is jy gewetenloos?

Sommige mense se gewetens pla hulle nie, ander mense is weer gewetenloos en ander weer beskik oor ? goeie gewete.
Die gewete word soms gedefinieer as daardie deel van die menslike psige wat geestelike angs en skuldgevoelens verwek, of gevoelens van plesier en goedvoel genereer as ons aksies, gedagtes en woorde in ooreenstemming met ons waardesisteme is.

Die gewete reageer wanneer iemand se optrede, gedagtes en woorde ooreenstem of teenstrydig is met reg en verkeerd.

1 Johannes 3:18 sê ons moet nie net met woorde, met die tong liefhê nie, maar met daad en in waarheid.

Gelowiges se liefde vir mekaar moet in dade sigbaar word. Sulke dade wys dat jy ’n kind van God is.

Indien die gelowiges in hul gewete getwyfel het of hul liefdesbetoon aan die eise van ware liefde voldoen, kan hulle hulleself nou gerusstel dat God groter is as hulle gewete, dit wil sê, as hul skuldgevoelens.

As ’n mens onseker is of jy reg optree, (in enige situasie) kan jou gewete jou by God aankla.

? Slegte gewete ontneem ’n mens jou vrymoedigheid by God.

Baie gelowiges is bang dat hulle liefde vir ander nie is wat dit móét wees nie.

Hulle voel skuldig, want hulle voel dat hulle nie in staat of gereed is om die nodige liefde te betoon nie.

Hoe ontsnap ons van die knaende vingerwysing van ons gewete?

Johannes sê dat dit nie sal help om ons gewete te ignoreer of onsself te verontskuldig nie.

As ons in elk geval in liefde en uit die waarheid die Christus lewe leef, as ons streef na die liefde wat gee, het ons die versekering dat God ondanks ons tekortkomings ons optrede seën omdat Hy groter is as ons onsekerhede.

Hy veroordeel niemand wat in Christus is nie.

As ons vir God lewe maar voel dat ons nie ‘goed genoeg’ is nie, onthou dan dat Hy groter as ons gewete is.

Hy weet wat die motiewe van ons harte is. Daarom kan ons ons gewete tot rus bring. Mense wat egter gewetenloos is, of hul gewetens onderdruk, mislei hulself.

Tree jy op as iemand wie se gewete onder God se bestuur staan, of is jy gewetenloos?

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button