BlogsOpinion

Wouter se Watergat

Waarom het die vroulike atlete op die Olimpiese Spele nie borste nie?

Vanjaar se Olimpiese Spele is ’n fees vir liefhebbers van puik TV-produksies, skouspelagtige sport-byeenkomste en kontroversiële insidente.

Ons het so gehoop Suid-Afrika sou teen die tyd dat hierdie rubriek geskryf is, meer medaljes wen, maar die land se deelnemers het ons nietemin trots gemaak.

Wat my aandag getrek het, was twee waarnemings deur verskillende besoekers op verskillende dae.

Die eerste een is die verskynsel dat heelwat atlete uit Europese lande, met vanne en name eie aan die spesifieke land, nie dieselfde velkleur het as hul tradisionele landgenote nie.

Die noem van hierdie verskynsel is nie om rassistiese redes nie, maar bloot ’n interessante waarneming. Dalk is dit ’n aanduiding van die omvang van immigrasie na die betrokke lande.

Die ander waarneming, is dat die oorgrote meerderheid vroue-atlete in verskillende sportsoorte, veral swem, atletiek, boks en tafeltrennis, nie normale borsmate het nie. Of nie sodat ’n mens dit sal agterkom nie.

Die groot bespiegeling was: Waarom?

Is vroue met groter borste stadiger naellopers, swemmers of watookal? Is dit die gevolg van die kwaai oefening wat hulle doen? Of is dit weens die dieëte wat hul volg?

Oom Pottie het opgemerk van hulle dra stywe buustelyfies wat juis vir sport-vroue ontwerp is, maar tereg gesê dis maar ’n klein bydraende faktor.

’n Besoeker uit Johannesburg, Jan Vorster, wat lank ’n swem-afrigter was, het ons meegedeel van die vroue ontwikkel groter borste na hulle uit die sport tree en ’n normale lewenswyse volg.

Hy meen dis onder meer die kwaai oefening waaraan die borsspiere blootgestel word wat hul bates laat verklein.

Soos die geval met vroulike liggaamsbouers. Dit was ’n interessante besprekingsonderwerp, hoewel ons nog geen betroubare verduidelikings het nie. Ons soek nietemin konstant na die uitsonderings.

Almal sien uit na Saterdag se rugbywedstryd tussen die Bokke en die Wallabies.

Suid-Afrika behoort redelik maklik te wen. Indien nie, het ons probleme wanneer Nieu-Seeland een van die dae hier is.

Ek sien uit na die vertoning van Sacha Feinberg-Mngomezulu se vertoning op losskakel. Hierdie bloedjong rugby-juweel het al die kwaliteite om ’n werklike legende te word.

’n Rugbybrein, fisies sterk en vinnig, skop pale toe en takties soos ’n gesoute internasionale speler. Boonop sien Rassie hom as ’n moontlike toekomstige kaptein. Kan nie wag nie.

Ons loopstorie uit Pottie se argief:

Karel het besluit om uiteindelik met sy verloofde van baie jare, Sarah, te trou.

Een aand na hul wittebrood is hy besig om sy gholfstokke en toerusting te organiseer.

Sy vrou hou hom dop.

Ná ’n lang stilte, praat sy uiteindelik.

“Jy weet, Karel,” sê sy, “noudat ons getroud is, dink ek jy moet ophou gholf speel. Jy bestee soveel tyd op die baan saam met jou vriende. Jy het sulke goeie stokke. Jy sal ’n baie goeie prys vir hulle kry.”

Karel kry ’n gepynigde maar terselfdertyd hardekwas-uitdrukking op sy gesig.

Sarah vra: “Liefie, wat is verkeerd?”

Hy antwoord: “Net vir ’n oomblik het ek gedink jy begin klink soos my eks-vrou.”

“Eks-vrou!” skreeu sy. “Ek het nie geweet jy was voorheen getroud nie!”

Na ’n rukkie se stilte, kyk Karel stip na haar en verklaar: ”Ek WAS nie voorheen getroud nie.”

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button