South Coast Fever

Eskom, die kruis wat SA nog lank sal moet dra

Die Covid-pandemie met sy ongekende, ernstige ontwrigting op velede gfebied, en die oorlog in die Ukraïne met die wyd-uitkringende gevolge soos voedsel- en brandstoftekorte, is maar twee gebeurtenisse wat feitlik almal op aarde se lewens op die een of ander manier raak.

Dit is nie aangenaam om vandag ‘n gewone inwoner van ons planeet te wees nie. Ek laat diegene buite rekening wat weens hulleself, weens bevoorregte posisies of rykdom, kan verskans teen ditwat die gewone mense teister, bekommer, ontwortel en selfs doodmaak. Die internasionale probleme spreek vanself. Die Covid-pandemie met sy ongekende, ernstige ontwrigting op velede gfebied, en die oorlog in die Ukraïne met die wyd-uitkringende gevolge soos voedsel- en brandstoftekorte, is maar twee gebeurtenisse wat feitlik almal op aarde se lewens op die een of ander manier raak.

Hier in Suid-Afrika sit ons met ons eie unieke rampsituasies, benewens die noodwendige gewolge van bogenoemde faktore. Bo-aan ons lys is die totale onbevoegdheid van die ANC om die land te regeer, wat lank reeds nie meer ‘n mening is nie. Dis ‘n bewese feit, en ons ervaar dit elke dag. Voeg hierby die arrogante staatskapers, tenderpreneurs en onopgeleide kaders wat met reuse-salarisse alles waaraan hulle vat, deur hul agterente trek. Mense wat doen wat hulle doen, sonder enige inagneming van die verskriklike gevolge, nie net op die blankes nie, maar veral op swart Suid-Afrikaners. Dit veroorsaak patetiese dienslewering, waarvan inwoners van die Suidkus eerstehandse ervaring het, so erg dat gemeenskappe self moet inspring om hul omgewings leefbaar te maak. Op plekke in die land onder meer om te keer dat rou riool in die strate afloop. Ons spoornetwerk is gestroop en eens pragtige stasies is nou bloot bouvalle. Spoorlyne, kabels en ander toerusting word gesteel. Hospitale val uitmekaar. Dit terwyl oral veraderings gehou word die saak te beredder, maar ook waar duisende rande se verversings soos KFC en Johnny Walker Black genuttig word deur amptenare op alle vlakke van wie buitensporige salarisse verdien en ‘kickbacks’ kry op kontrakte.

Ons grootste probleem op die oomblik is Eskom wat oor die jare geplunder en in die grond in bestuur is onder die presidentskap van ene Jacob Zuma. Grootbase André de Ruyter, Jan Oberholzer en Rhulani Mathebula, hoewel hulle reeds reusewerk gedoen het, sit steeds met ‘n berg probleme voor hulle wat oor 14 jaar van totale wanbestuur opgebou is. Behalwe die swak onderhoud van die verlede en verouderde opwekkers, het hulle ‘n gebrek met die voorsiening van steenkool. Dis benewens die erge uitwerking van beurtkrag op Eskom se operasies. Daar is nog talle ander faktore waarvoor daar in hierdie rubriek nie plek is nie, maar waarvan lesers deeglik bewus is. Om hierdie donker gedagtes effens te verlig, deel ek gedagtes van oud-SAUKkollega Dawid van Lille. Hy stuur daagliks op Facebook aanhalings en gesegdes na sy vriende om hul dag op te kikker:

“Kragkaping”. Dis my emosionele term vir “load shedding”, alhoewel “beurtkrag” darem seker sê dat plekke beurte maak om krag te hê. “Load shedding” is ook mos nie regtig wat gebeur nie, of hoe? Daar is tog nie sprake van “load” wat hulle “shed” nie. Daar is eenvoudig nie genoeg “load” vir almal nie, as gevolg van omstandighede buite hulle beheer (!?), daarom word die beskikbare “load” verminder en die krag wat oorbly, word anders verdeel. Eskom “shed” dus van hulle beskikbare “load”, maar ons deel net in die (negatiewe) gevolge daarvan. Die krag wat gelewer word, word minder en dan verdeel hulle die beskikbare krag nie sodat almal ? bietjie kry nie, maar deur party mense se krag heeltemal weg te neem. “Kragvermindering” lei dus tot “kragverdeling”, wat vir sommige mense “beurtkrag” gee. (Maar beurtkrag kan mos nie, tegnies gesproke, wees wanneer jou krag AF is nie? Beurtkrag moet mos eintlik wees wanneer jou krag AAN is, terwyl ander se krag af is? Soos … Dit is nou jou beurtjie. Baie verwarrend. Skokkend, eintlik. Of nie. Die krag is mos gelukkig te AF om enigiemand te skok.)

Op ‘n filosofiese noot: As ek ? kragmeter het waarvoor ek krag moet koop, het ek mos klaar betaal vir die krag wat ek nog gaan gebruik, maar Eskom en/of die munisipaliteit besluit van tyd tot tyd om van dié krag te kaap. Dit gebeur beslis sonder my uitdruklike toestemming en baiekeer sonder my medewete ook, aangesien die skedules soms redelik deurmekaar is. (Dit werk net so onvoorspelbaar soos motorkaping. Of staatskaping, waaroor ek ook net so weinig beheer het.)

As Eskom wel my toestemming sou vra, sou ek onder dwang “ja” moet sê – net soos met ‘n motorkaping. “Meneer, ek gaan jou kar vat, hoor. Terloops, as jy dit sou waag om te weier, skiet ek jou en vat in elk geval jou kar”. “O, goed, dan. Maar wil jy nie net die brandstof verkoop en die kar terugbring nie?”

As ek nie instem tot kragkaping nie, sit ek in elk geval sonder krag, en later sit die hele land sonder krag en dan is dit my skuld. Die Engelse noem dié soort onderhandeling nie verniet “blackmail” nie. In dié geval word dit toegepas word om ’n “blackout” te voorkom. Afpersing om totale kragvermindering te voorkom.

Rêrig, FESKOM!?” Aldus Dawid van Lille.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

Back to top button