School sportSport

HSN atlete vaar uitstekend

Michélle Kretzchmar was ook aangewys as die beste O15 junior veldatleet.

SUIDIE atlete het uitstekend gevaar by die jaarlikse interskole byeenkoms te Kingspark. Altesaam het tien skole deelgeneem en die kompetisie was straf. Bronwin Day-Garden, Adri van der Walt, Demi Steyn, Leandri Venter, Thinus Bester, Michélle Kretzchmar, Marizane Wagenaar, Henrico Burger, Adéle Buitendag, Eugene van der Walt, Leenan le Roux, Brandon Viljoen, Jarishca Hoffman, Müller Booyens, Ruan Venter, Rachel Siyangapi en Jarryd Berning spog met verskeie eerste en tweede plekke. Michélle Kretzchmar was aangewys as die beste O15 junior veldatleet.

HSN wens onderwyseres Nicolet Schütz en hoof Marie Botha baie geluk vir die erkennings wat hul van KZN-Landsdiens ontvang het. Juffrou Schütz is reeds 20 jaar lid van HSN se landsdiens. Na 12 areakampe, 16 streekkampe en vier nasionale kampe, ontvang juffrou Schütz die Silwer Protea toekenning, wat sy absoluut verdien. Hoof Marie Botha se sertifikaat van erkenning is vir 27 jaar se kosbare betrokkenheid by die landsdiens. Mevrou Botha is lid van die skool se landsdiens beskermingskomitee vanaf 2013.

Back to top button