Só spaar Betsie krag

Planne om jou elektrisiteitsrekening te laat daal

Planne om jou elektrisiteitsrekening te laat daal

Betsie Herbst-Botha skryf:
Ek lees al die klagtes ivm die duur krag!…maar mense daar is baie maniere om krag te spaar! Ek deel graag hoe dit by my huishouding gaan: Begin by jou geyser – hy hoef nie aan te staan nie. Skakel hom ‘n uur/uur en half voor gebruik aan, bad en was hare laatmiddig of saans. Water is baie kouer en kos meer om in die oggend water warm te kry vir bad…..’n mens kan hom net elke 24 uur aanskakel.
Skakal alle muurproppe af van toebehore wat jy nie gebruik nie, snags of as jy gaan werk: skakel foonlaaiers, laptops, rekenaars by muurprop af. As jy voor jou TV opstaan, skakel hom ook af by die muurprop, was jou skottelgied met jou hand, bêre jou skottelgoedwasser, was minder wasgoed as jy kan, maar gebruik net koue water.
Gebruik jou stoof minder, kook ‘n pot sop of een pot gereg, gebruik die oond so min as moontlik! Jy kan klaarkom sonder ‘n verwarmer, gee vir elkeen ‘n warm watersak. As ek baie koud kry “peppa” ek die watersak op my rug en is in japtrap warm…
Stryk ook minder, ‘n strykyster gebruik baie krag. Daar is net twee goed wat jy nie kan afskakel nie – jou yskas en vrieskas, maar die yskas gebruik minder krag as hy volgepak is, dit hoef nie kos te wees nie, pak hom vol met bottels vol water. Sterkte mense! Jy kan krag spaar, dit is nie ‘n wolhaarstorie nie. Ons huisgesin spaar wel eenhede!

Related Articles

Back to top button