Lesers sê hul sê / sms’e – 2015-03-20

Ek wens net mense se redenasie was nie hoeveel jy vir my kan doen nie, maar wat kan ek vir jou doen? Dink net in wat se verhoudings sou ons gewees het?   Asb. mense julle wat op parkeerplekke vir busse by skole met julle motors stop, maak dit baie ongemaklik vir ons veral by …

Ek wens net mense se redenasie was nie hoeveel jy vir my kan doen nie, maar wat kan ek vir jou doen? Dink net in wat se verhoudings sou ons gewees het?

 

Asb. mense julle wat op parkeerplekke vir busse by skole met julle motors stop, maak dit baie ongemaklik vir ons veral by Callies en as ek jou vra om aan te beweeg sodat ‘n bus kan parkeer, hou jy jou dom en maak asof jy niks verkeerd gedoen het nie.

Onthou dis vir kinders se veiligheid dat parkeerplekke spesifiek vir busse gereserveer is, so respekteer dit asb, want volgende keer gaan ek dalk nie so geduldig wees nie.

 

Kaptein da Silva van Carletonville SAPS, jou vriendelikheid, behulsaamheid en empatie word hoog waardeer. Ons hier is baie gelukkig om ‘n man soos u te hê en waardeer dit baie. Dankie baie, Jack.

 

Nou kan ek weer my kop hoog hou in Fochville..want ….wie sny my hare”Tannie Yvonne”… so bly Tannie is terug.

 

This morning whilst visiting the Central Clinic for medical reasons, I was witness to a provocative and blatant dìsplay of one culture forcing its ways upon others who may or may not, agree with such behavior at a health clinic – the singing, dancing and clapping, of what may be (mis)construed as ANC struggle songs, before commencing the daily business of dispensing treatment, is not only highly irregular, but a possible infringement on others be-liefs.

There is a time and place for choral practise, thank you. – JT Million, 151 Reyneke Street, C/Ville.

Miskien moet die magtige Fochville nou teen Monument speel dat ons sien.

 

Thanks for raising issues about the way our bins are being thrown away by these refusal collectors. The reason is they know nothing about service delivery and they don’t even pay their services! Shame on you! Mrs M.

 

Aan die gawe mensies wat my op Maandag 2 Maart gehelp het toe ek so gesukkel het met die oom langs die pad. Ek’t nou nie julle name gevat nie, maar glo julle sal weet wie julle is (net buitekant Deelkraal gebeur), baie dankie vir julle goedhartigheid, ek waardeer dit!

 

Mense moet eerder hulle feite regkry voor hulle beskuldigings rondgooi! Dalk moet jy jou oë oopmaak en kyk wie en wat reg voor jou is!

Dalk moet jy net mooi kyk wie dit regtig is! Hou jou man ‘happy’ by die huis dan sal hy nie rondloop in elk geval!

 

Ag hoekom ‘worry’ julle oor Kerk straat in Fochville. Wat van Carletonville wat ook onder Merafong Town Council val, met al sy onvoltooide paaie vol gate vir jare al dieselfde.Ons is gatvol vir die regerende party. Al wat hulle kan doen is om net strepe te verf en dit altyd op ‘n Sondag vir ‘double pay’.

 

Die vrou met die rooi Mercedes wat amper Donderdag in my vasgery het: Ek hoop jou man lees die boodskap. Jy is net so skuldig soos ek wat ‘n onwettige u-draai gemaak het.

Vir wat jaag jy oor ‘n rooi lig en dit as jy weet jy het n klein kind in die voertuig? Jy kan bly wees ek wou nie ‘n ‘scene’ maak nie.

Die berig van die ‘sex workers’wat kla. Aangaande met julle werk omstandighede, hoe verwag julle dieselfde diens as die ander wat nie die werk doen wat julle doen nie, aangesien julle siekte versprei en onskuldige mense besmet? Hoe kan julle voorkeur hê om nie belasting te betaal, waar ons ander hoë belasting en staat geld moet betaal?

 

Weer hartseer, koop Herald en lees hoe sleg maak mense mekaar… Hoe weet jy mnr. of mev. wat gaan in ander mense se huis aan.. Loop jy in daardie man of vrou se skoene? Maar ons mense wil vinger wys en oordeel.

 

Just want to ask about the old bus parked on the pavement for almost two years now next to Oberholzer Park VD. It obstructs traffic badly, what happened to by-laws?

 

Aan die vrou wat so lekker in die village kuier. Hy’s ‘n getroude man jy speel met vuur hy verkondig oral dat hy geskei is doen jou huiswerk deeglik en jy sal geskok wees as jy die waarheid omtrent jou ‘lover’ uitvind.

 

I don’t applaud the recent rape attacks but after numerous phone calls to the SAP about the prostitutes operating in that specific area it’s going to happen again! Deon.

 

My man van 20 jaar het vir hom ‘n huis gereël by die myn, natuurlik alles agter my rug. So verdwyn hy van ons woning sonder om ‘n woord te sê, trek hy agter af nie lank daarna trek sy nuwe liefde in ek wonder maar net of sy weet hy is nie geskei.

 

Die blondekop dame wat by die apteek werk, jy was baie ongeskik met die tannie wat ‘n krisis gehad het. Die by het haar man gesteek en hy is allergies. Sies jy kon bedagsaam gewees het. Hoop so iets kom jou nie oor nie.

 

Sjoe…moeders kan regtigwaar hul dogters bietjie moederlike wysheid gee oor hul kleredrag as hulle ‘n kerk besoek. Is die jong meisies daar om die woord van die Here te hoor, of om man te vang? Gits… stywe denims wat selluliet wys, sjoe-broekies, oefen toppies in ‘n kerk?

Wat is volgende? Bikinis? Van die girls lyk eerder of hul na ‘n Saterdagaand jol gaan. Gits nee! En nee…ek is nie ‘n verkrampte ou oom nie! Maar ‘n mens respekteer die huis van die Here.

 

Vroeër as jy bv. Welkom toe wil ry ry die korste pad, al die paaie was in goeie toestand. Nou moet jy die pad kies wat die minste gate het en hoop jy kom veilig anderkant uit. Ek hoop van die boodskappies word ook Parlement toe gestuur anders help dit ons niks.

 

Hi, ek wil net graag iets uitvind, hoop jy lees die boodskap. Chanel (Mouton) weet nie wat is jou van nou nie, ry jy ‘n Kia, ek het jou vinnig gesien toe jy instap by dr. se spreekkamer, as dit jy is wil net vir jou se jy word mooier hoe ouer jy word.

Dis net ‘n kompliment niks bybedoelings nie, groete Shawn.

 

Dis belaglik en verregaande vir ‘n burgemeester om R66 000 pm. te verdien. Wat doen hulle om soveel geld te verdien?

 

The reason for rubbish dumping along the streets is the loiterers at dumping site harassing people. Don’t expect people to risk their lives at the dumping site.

Related Articles

Back to top button