Lesers sê hul sê / sms’e – 2015-03-13

Miskien moet Absa ‘n private lounge oorweeg vir die ry by sy besigheids rekeninge? Ons wag alewig ‘n leeftyd vir diens. Dr. Townsend   Baie dankie aan Willys Fochville vir die goeie diens – Nico.   Judy. Dankie vir die lekker kos by Kry en Ry.   Salonne Fochville… Daar is hordes salonne in Fochville. …

Miskien moet Absa ‘n private lounge oorweeg vir die ry by sy besigheids rekeninge? Ons wag alewig ‘n leeftyd vir diens. Dr. Townsend

 

Baie dankie aan Willys Fochville vir die goeie diens – Nico.

 

Judy. Dankie vir die lekker kos by Kry en Ry.

 

Salonne Fochville… Daar is hordes salonne in Fochville. Ek tel nou so vinnig 15. Dis moeilik om een stylist te volg want almal skuif so rond tussen al die salonne! Lyk vir my niemand is net ooit gelukkig waar hulle is nie

 

Vrydagaand Cansa. Ek wonder net of die predikant se keuse uit die Bybel van toepassing was. Ons het ‘n jaar van oorleef van kanker gevier. Waar pas die hoereerdery in?

 

Ek wil net weet hoe gebeur dit dat 3 honde by mekaar dood lê op die stasie/Potch pad. Naby Fochville. Wie is so harteloos? Rosa.

 

Kobus, tussen ‘n miljoen gisters en honderde môre’s is daar net vandag. Ek is so trots op jou en baie lief vir jou. Dankie dat jy my beste maatjie is. Sharon.

 

Plaas asb. my versoek. Soos die winter nader kom, vra ek dat jul asb. jul kinders se klein klere vir ons kleuterskool in Blyvoor sal skenk. Enige ouderdoms klere of skoene sal welkom wees. Ook ou speelgoed wat dalkies effens stukkend is, ons sal dit kan fix. As jy dalk ‘n ou klimraam het wat jul nie meer gebruik nie, ek sal dit oorkoop by julle. Emma 083 383 2782.

 

Is there anyone at Merafong town council who cares about Fochville if so could you let us know in the Herald. We get happy when we see maintanance started on the roads for example Kerk Street it has never been completed and it is dangerous. What a disgrace! Is there no more integrity or pride in the service that the municipality renders to the people that faithfully pay their rates and taxes? Robert Fochille

 

It’s Saturday 7 March. We are standing in a long que in First National bank in Fochville . Only one teller on duty this is very bad service . Well done to John Burnette, you seem to be the only one who gives good service we can depend on you. Katlego

 

Mooi so nou weet ons sy werk weer. Net die beste tannie haarkapster. Oud maar werk goed, en doen haar werk deeglik. Dankie tannie.

 

Jammer mense, ons soek vir tannie Yvonne Heymans,wat by viswinkel gewerk het, sy is een van die goeie mense,wat altyd vriendelik en opreg is,asb help.

 

Corrine en Petro dankie, baie dankie vir julle ekstra myl, Wat julle altyd doen vir julle kliente! opreg diep uit ons harte x A en E x

 

Ek wil net vir Wysneur reg help. (1) Die munisipaliteit se werkers sal eerder onder die boom hul geld verdien as om te werk. (2) Hulle weet seker nie hoe om gewels te bou nie. Ou bouer.

 

Aan ABSA BANK wat net 3 tellers het op die einde van die maand, veral op ‘n Vrydag, dis pateties, sonder om te noem dat bank ook geen kontant gegaan het om aan ons besighede, wat salarisse moes betaal, gehad het nie. Dis die swakste bestuur ooit in geskiedenis van Carletonville.

 

What a disgrace that the parents of little Omphetse who was attacked by a Pitbull are still waiting for their case to be completed! Les.

 

PST Carletonville, hou op skinder, dis sies, dis lelik! Vriendelike groete.

 

To the honest staff at CNA my sincere thanks for keeping my cellphone and returning it to me. It is highly appreciated and you made my day. Dr Townsend

Dis deur morbiede,onsekere mense soos jy dat daar nie meer liefdes verhale vertel word nie. Wat soek jy dan? Moord en dood in die Herald? Of wil jy op die Herald se kop gaan sit? Dink jy regtig jy kan? Om te bly waar jy nie welkom is nie…nou dis n ander verhaal, nie ‘n liefdesverhaal nie, maar ‘n seer storie.

 

Wat gaan deesdae aan met Fochville se vroue…as hulle nie cat snuif nie, loop hulle rond of los hulle mans en kinders…. Skaam julle, julle dink slegs aan julle self!

 

Tannie Mouna wat heeldag lê en slaap op Sondae…. ons werk hard in die week.. Gun ons ons Sondae om te doen wat vir ons lekker is om bike te ry. Jy hou van slaap, ons hou van bike ry. Gaan jy die wêreld daar buite stil maak oor dit te raserig is vir jou! Nee man ons is jonk en geniet net bietjie ons lewe.

 

When the time for striking from the refuse collectors in June I will want a raise as well as I am now a refuse bin collector. In Impala Drive our bins are removed from in front of our houses, put in groups of four and after being tipped just left 3 to 4 houses down the road. No not left but just left where they fall in the middle of the road. I have paid money for this bin. Why Mr Paul (don’t worry the truck is running around for two weeks after not collecting our refuse for which I pay) do we get this standard of service? I,ll tell you why – because you allow it with your no care attitude!

 

My liefste Zellie.Ek wil net ‘n bietjie vir jou sê hoe lief ek jou het. Baie dankie vir al jou liefde. Jy’s my pragstukkie.Dankie vir alles.Ek het jou onvoorwaardelik lief.xx

 

Chantel Maritz, vreeslik baie dankie vir my hare! Jy is altyd awesome met cool idees. Ek is ‘n vreeslik gelukkige kliënt. Besoek haar gerus by ou Bella Mia langs Willys! Jy sal nie spyt wees nie. Twanette

Jaloesie….is n hartseer storie. Hou jou man happy by die huis…dan sal hy nie rondloop nie….blha blha blha

 

As jy jou man (x)….sien as ‘n “veelwywer”… het jy duidelik nie respek vir hom nie. En is daar iets tuis nie lekker nie. Sit meer aandag op jou x (man) en los ander mense uit. Pleks sien jy toe net eerder die mooi in die storie…maar nee…ek het vergeet..omdat jy sad en misrabel is…moet almal om jou ook wees. En pasop…jou oë is op die verkeerde vrou. Telefonies?…hoekom tel jy nie die foon op en bel die een wat jy as n bedreiging sien nie…preek dame…preek!

 

Wonderlik om te weet dat mense nie saamstem met die buite egtelike verhoudings wat huwelike vernietig nie en dit wil regverdig onder die vaandel van liefde nie. Dit is sonde en klaar.

 

Ek is ‘n inwoner van Eureka Park. Wil net weet hoekom kan een dame so baie weggaan. Dit lyk my sy hou die huisie net aan om haar meubels te stoor. Dis so onregverder teenoor die ander mense.

Sy is die een wat gekla het oor mense wat ook so rondgaan maar sy doen di selfde. Kan die muniesiepaliteit dit nie stop sit nie asb.

Daar is so baie mense wat daar moet wag vir ‘n plek. Hoop dit gaan nou stop gesit word. Ongelukkige Eureka Park inwoner.

 

Wil net vir iets sê vir die persone wat Sondagaand tydens my seun se ongeluk in Fochville R7 000 uit sy beursie gesteel het, dit terwyl hy lê en bloei. Jul het sy laaste geld gevat waarvan hy nog sy twee kinders se onderhoud moes betaal. Jul het kinders se kos uit hul mond gesteel.

 

 

Just want to ask is there something we can do about some of the shops that make Carletonville and Fochville CBD so ugly they look terrible. Are there no by laws on the appearances of shops? Ggmotso.

 

Exit mobile version