BlogsOpinions

Let’s talk / Praat saam – 19 Junie 2015

Let's talk / Praat saam - 19 Junie 2015

  • Ek dink ore is reg oor die Springbokke se kanse in die wêreldbeker. Daar het ‘n hele paar jonger spelers hand opgesteek maar hulle sal waarskynlik nie die kans kry nie. Het die Spanjaarde dit nie bewys toe hulle met ‘n “ouer” sokkerspan probeer wen het nie? Geskiedenis is geneig om dit self te herhaal.
  • On Saturday I bought medium chips for R20 at a new franchise at Canal Crossing. When I got home, the chips were hard, dry and crumbled. It seems these were leftovers reserved for specific customers. I have learned that you cannot change people’s attitudes. I’m not sad or angry, just disappointed. Fortunately, there are more R20 notes where the other came from. Lesson learned. Take your money elsewhere. Disappointed.
  • Me 15/05/27 08:01
    Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig en verdra mekaar in liefde. Ef 4:3
    Me 15/06/01 17:09
    Moet julle nie aan drank te buite gaan nie, daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere. Sing met julle hele hart tot eer van die Here. Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus. Ef 5:18-20
    Me 15/06/06 21:59
    Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?”
    Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke Naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: “Jesus is Here!” tot eer van God die Vader. Fil 2:9-11.
  • Hey mense, ek wil net vir almal vertel wat se goeie twee mense Deon en Alet Moolman is. Hul het my deur al my probleme en dinge gehelp. Ek is baie gelukkig in my nuwe nessie… Al die eer aan Koning Jesus. Nefdine Roestorf.

    To all concerned at Girl’s High, congratulations, well done! You make us all proud and especially past pupils for keeping up the traditions of the school and yet moving forward! Best wishes!

  • It saddens me, and I am sure many others, that some students from a Christian University Campus behave in such an un-Christianlike manner sending unwelcoming e-mails to a highly educated and well respected professor. What happened to ‘love your neighbour as you love yourself?’
  • Skandelik – 2 dae geen skool. Ons probeer om te gaan fliek by die Mall. Geen vertoning vir kleiner kinders en die tussen 9 en 13 jaar nie. Hoop daar gaan iets vir die vakansie wees. Julle verloor baie kliënte en geld! Fliekvlooi.
  • Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke Naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: “Jesus is Here!” tot eer van God die Vader. Fil 2:9-11.
  • Pateties, Standard Bank Potchefstroom. Daar is net NOOIT papier in hul masjien om state te trek nie. Dit dwing mens natuurlik om binne in die tou te gaan staan waar die twee by die navrae-toonbank egter so hul tyd vat. Dankie maar nee dankie Std. Bank, kan nie eers meer klein basiese dinge, soos om te sorg dat daar papier is, baasraak nie. Frederick.

    Geluk aan Volkies 1ste rugby span met julle oortuigende wen teen Wesvalia Klerksdorp. Johan en sy hulpafrigter doen goed met juniors in die plekke van seniors wat beseer is. Die negatiewe lafaard wat Johan wil fire moet eerder vir Johan hire. Met ‘n positiewe gesindheid op die veld en van die veld speel ons darem semifinaal Saterdag. Andre.

  • In Hermanstraat is daar al vir langer as ‘n maand ‘n REUSE gat waar ‘n waterpyp gelek of gebars het. Waar is die raadslid? Gaan dit nooit weer herstel word nie, of wag ons eers dat ‘n kind of dier daarin val?
  • Ek wil net graag vir Ferdi en Susan baie dankie sê met die dakprojek by jul kerk, al die reën en koue dae wat julle getrou die werkers aanmoedig en ondersteun en self inspring as dit moet. As buite lidmate van gemeente is dit voorwaar ‘n voorbeeld vir alle Woordverkondigers in Potch. B & A.

    Cuppa Koffiewinkel! Baie dankie vir die kombersies Vrydagmiddag! Ons het heerlik gekuier en geëet aan ons pannekoeke! Sal weer kom!.! Van die 3 tannies langs die toonbank…

  • Ek stem saam met Mariaan. Karin by Dis-Chem is altyd vriendelik. Annatjie.
  • Die nuwe Dance Mouse program in Potch is so oulik! Ek kan dit aanbeveel vir enige kleuter. Dankie Linda.
  • Jy wat so kla oor Tlokwe werkers! Waar is jy as daai mense werk en wat doen jy as jy so tyd het om hulle altyd dop te hou? Doen jou werk en los ander mense uit!
  • Weet julle hoe voel ‘n vrou as haar man al voor 19:00 verdwyn, sy hom soek en dan in die bed kry kliphard aan die snork omdat hy te veel te vinnig gedrink het? Dit maak seer! Vrek seer! Respek? Nee, nie meer nie.
  • Is daar dalk een van ons lesers wat ons kan inligting gee van GEMS, die mediese fonds vir Staatsamptenare? Ek is al sedert Aug. 2006, ‘n lid van hulle en het deurgaans goeie diens gekry tot Des. 2014. Sedertdien kry ons baie probleme met uitbetalings en dit skyn asof daar finansiële probleme by die Fonds is. Kan iemand help met raad asb? A.S.T.
  • Ek lees met hartseer die artikel oor “Fetus” in asblik. Maar die deel waar straatkinders dit gevind het omdat hul kos soek, het my geweldig ontstel. Is dit nodig? Wie kyk na hierdie kinders? Of moet ons inwoners ‘n projek stig en elke Sondag by die Trimpark hierdie kinders ietsie gee om te eet? Kom ons bid vir hul en kyk waar kan ons help. Mary-ann.
  • Dankie aan ER24. Julle lewer ‘n puik diens aan die gemeenskap. Ware helde. Namens almal in Potchefstroom. Anne-Marie.
  • Hoekom sal Kgwadi nou uitgesonder word dat hy vrees vir sy lewe, ons lewe in Suid Afrika van Zuma tot by die tans benadeelde wit afrikaner veg ons maar almal vir ons lewe.
    Dit is net vir mense soos hulle makliker want ander betaal vir hulle veiligheid.
    As hulle Kgwadi se veiligheids plan doen onthou net ook die swembad vir die brand gevaar.
    As ‘n mens onveilig voel, gaan maar waar jy gemaklik is, hoekom nou ‘n probleem aan jou kant ‘n krisis vir ander maak.
  • Hoekom moet pasiënte altyd vir ure wag vir spesialis doktors? Pasiënte vra , asseblief verduidelik die eintlike rede. Is dit reg? Hoe voel die lesers?
  • Kan die Herald se lesers asb. die e-posse wat na bewering aan prof. Kgwadi gestuur is onder oë kry? Mariana.
  • Prof. Kgwadi wil PUKKE se kultuurerfenis ontneem – nou speel hy alweer die ras-kaart en hy speel Jannie-Jammerbal deur te beweer hy vrees vir sy lewe. Prof, Potch is nie Mbombela Munisipaliteit nie! MFZ.
  • Ek stem volmondig met M.J. Louw-Khumalo saam oor die krag tariewe! Dit is belaglik. Daar word ‘n R405 gehef op my rek nog voor ek enige krag gebruik het. Ons Stadsraad is een van die duurste 3 in die land! Wat kan ons doen?
  • Die probleem, bekommerde ouer, is nie die kinders wat medikasie gebruik nie, die groot probleem is die wat ten spyte van medikasie steeds stout, ongehoorsaam, baie woelig en ‘n stoornis vir veral die ander kinders in die klas is. Wat dit byna onmoontlik maak vir ander om te konsentreer. Wat onderwysers moedeloos maak. Maar ek stem saam…. bespreek dit liefs op ‘n ander plek.
  • Kan ons nie nou maar die karwag aksie afsluit nie. Dit het al hare!
  • Dankie aan Bertha van die Telkom kantoor vir haar diens. Sy is uiters goed in haar werk.
  • Ek het julle lankal gewaarsku oor ou Dr. en al haar dinge. Nou het sy haar ou korrupte vinger in die paraffin-paai ook. Moerige Martie.

    Paraffin for Potch: will the ANC Municipality’s, Dr. Blaai-Mokgethi please disclose who exactly FPP (Future Phambili Petroleum) is who won the paraffin-tender. Martie.

  • Arme onderwysers! Het ook nodig om soms stoom af te blaas en kan dit net onder mekaar doen. In koffiewinkels word dikwels berading gedoen deur predikante of vertroulike saketransaksies gesluit. Kelners kan nie met ‘ontstellende’ gesprekke waarvan hulle net ‘n gedeelte hoor, koerante toe hardloop nie. Dit is ook baie onprofessioneel. Gaan beslis klante verloor. Wonder of die bestuurder daarvan weet…
  • I love you more and more every day…. LBS.
  • Mr Zungu infrastructure, thank you for all your hard work on the Parys Road project. The roadmarking work brings an enormous project to an end. God bless, Potchefstroom.
  • Karin Harris, baie dankie vir die goeie diens wat ons altyd van jou ontvang by Dis Chem. Nooit is jy te besig om na iemand te luister.
  • Vrou jy wat so praat van vrou wat so goed vra kry jy nie skaam nie. Jy vat ook sakke goed en vra vir fietse, wat maak jy met die goed.. Ag nee, man hou op kla.
  • Dankie Arnold vir jou weeklikse duiweberigte, wat jy bereid is om te skryf, al vlieg jy nie meer self duiwe nie. Ons gaan jou mis jy was goud werd vir die sport!
  • Ons is nie lank in Potch nie maar ek moet die mense waarsku! Wees versigtig by watter eiendomsagente jy huur! Vra maar net bietjie rond asb. voor julle huur! Van die besighede is so gou om jou geld te vat maar sukkel maande om jou deposito terug te betaal! Allerhande verskonings terwyl hulle rente op jou geld trek! Ons wag al 5 maande. Wens so ons kon hulle naam noem om ons lesers te beskerm!
  • Town Council! What’s going on in Nelson Mandela Drive coming into Potch? Work was done about 4 months ago and the pavements opposite Berma Flats have not been fixed! A shortage of money or WHAT???
  • Gimmies baie geluk met julle fantastiese sportjaar sover! Dankie vir ons puik onnies/afrigters. Jammer ons sê dit nie genoeg nie. Ons weet julle rig af sonder vergoeding en doen dit vir die liefde van die saak! Pieter ‘n trotse oud Gimmie.
  • Paryslaan! Baie dankie vir die kontrakteurs van Paryslaan se mooi nuwe teer oppervlak. Die wag was die moeite werd. Die ingang van Parys af “Is making us proud!”
  • My bediende vertel my vanoggend dat daar in sekere dele van Ikageng gratis paraffien uitgedeel word! Kan dit waar wees? Is dit nou om stemme te werf vir die naderende verkiesing? Wie betaal daarvoor? Met daardie geld kon daar ten minste strepe op die paaie geverf word!
  • “The First Time Ever I Saw Your Face”
    The first time ever I saw your face
    I thought the sun rose in your eyes
    And the moon and the stars were the gifts you gave To the dark and the endless skies, my love.
    And the first time ever I kissed your mouth I felt the earth move in my hand like the trembling heart of a captive bird that was there at my command, my love and the first time ever I lay with you I felt your heart so close to mine And I knew our joy would fill the earth And last ‘til the end of time, my love. This is LOVE. Onthou om te lag.

Related Articles

Back to top button