NewsNews

Wat word en word nie toegelaat tydens die totale inperking

Vir meeste mense is 21 dae sonder enige kontak met mense buite die huis 'n baie lang tydperk. Wat mag en mag jy nie doen tydens die tydperk nie?

Vir meeste mense is 21 dae sonder enige kontak met mense buite die huis ‘n baie lang tydperk.

Polisie minister Bheki Cele het reeds gewarsku dat enige iemand wat nie die regulasies van die totale inperking wat vanaand om middernag begin nakom nie skuldig aan ‘n kriminele oortreding sal wees. Die straf hiervoor kan ‘n boete of to ses maande tronkstraf wees.

Ministers het Woensdag meer duidelikheid gegee oor wat mag en nie mag gedoen word tydens die totale inperking nie.

Wat word toegelaat?

  • Mense sal maatskaplike toelae kan gaan afhaal.
  • Jy sal kan kos gaan koop.
  • Jy sal die dokter kan besoek.
  • Jy sal apteek toe kan gaan om medisyne te kry.
  • Nie meer as 50 mense word by ‘n begrafnis toegelaat nie.
  • Openbare vervoer sal beskikbaar wees vir mense wat noodsaaklike dienste lewer maar net tydens spesifieke tye.

Wat word nie toegelaat nie?

  • Jy sal nie in die openbaar mag gaan draf nie.
  • Jy sal nie met jou hond kan gaan stap nie.
  • Die verkoop en vervoer van alkohol is tydens die totale inperking verban.
  • Beweging tussen provinsies en distrikte is verbode

Waar sal jy NIE heen kan gaan nie?

  • Openbare parke
  • Vlooimarkte
  • Openbare swembadde
  • Strande
  • Nagklubs
  • Dobbelhuise
  • Lodges
  • Gastehuise
  • Hotelle
  • Privaat sowel as openbare natuur-reservate
  • Vakansie oorde
  • Kinemas
  • Kroeë
  • Enige plek wat gewoonlik vir die publiek oop is waar gelowige, kulturele, sport, vermaak, ontspanning of soortgelyke aktiwiteite kan plaasvind.

Related Articles

Back to top button