NewsBreaking News

Vierde Amy’Leigh-verdagte onwettig in land

Die vierde verdagte in die Amy Leigh de Jager-ontvoeringsaak het Woensdag 2 Oktober vlugtig in die Vanderbijlpark Streekhof verskyn.

VANDERBIJLPARK. – Die vierde verdagte in die Amy Leigh de Jager-ontvoeringsaak het Woensdag 2 Oktober  vlugtig in die Vanderbijlpark Streekhof verskyn.

Dit het aan die lig gekom dat Bennet Bofokeng Molemohi (24), die man wat na bewering die sesjarige Amy’Leigh de Jager op 2 September buite Kollege Park Laerskool gegryp het en in ‘n kar geboender het,  onwettig in Suid-Afrika is.

Hy is van Lesotho af.

Molemohi sal op Vrydag 11 Oktober sy borgaansoek voor die hof bring.

Die ander verdagtes, Tharina Human (27), Laetitia Nel (40) en Piet van Zyl (50) verskyn ook Vrydag 11 Oktober in die hof wanneer landdros Hussein Khota uitsluitsel sal gee oor hul borgaansoek.

Dit het Dinsdag 1 Oktober aan die lig gekom dat twee van die verdagtes, Human en Van Zyl, onskuldig gaan pleit.

Verdagte nommer 4: Bennet Bofokeng Molemohi (24)

Related Articles

Back to top button