VIDEO: Klopjag by huis in Promosa lei tot geweld

Vier polisiebeamptes is verlede Donderdag, 29 Augustus, ernstig beseer toe lede van die gemeenskap tydens 'n klopjag in ’n vuisgeveg met hulle betrokke geraak het.

Vier polisiebeamptes is verlede Donderdag, 29 Augustus, ernstig beseer toe lede van die gemeenskap tydens ‘n klopjag in ’n vuisgeveg met hulle betrokke geraak het.

Volgens kol. Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval plaasgevind nadat die polisiebeamptes omstreeks 11:30 na ’n huis in Promosa was, om op te volg oor inligting wat beweer dwelms en gesteelde goedere word by die perseel weggesteek. 

’n Anonieme bron wat na aan die ondersoek is, sê die geveg het uitgebreek nadat die polisiebeamptes ’n verdagte in hegtenis probeer neem het. Hy het homself glo verset en die polisie moes hom onder bedwang bring.

Een van die verdagtes, Zane Klaasen, het vir die Herald gesê die polisiebeamptes het glo eerste begin slaan. Hy beweer die polisie het onwettig op die perseel gekom en alles deursoek.

Bronwill Magasie, die eienaar van die perseel, het ’n klag van diefstal en saakbeskadiging teen die polisie gemaak. Hy sê die polisie het op R9 000 kontant se huurgeld beslag geneem.

Die Herald verneem die saak teen onder meer Klaasen is van die rol afgehaal tot verdere ondersoek gedoen is. 

Die video is deur een van die lede van die gemeenskap geneem. Die volle artikel het in verlede week se Herald verskyn.

Exit mobile version