NewsNewsBreaking News

Hof volgepak vir Amy’Leigh ontvoeringsaak

Hof volgepak vir Amy'Leigh ontvoeringsaak

VANDERBIJLPARK. – Die Vanderbijlpark Streekhof wemel tans met mense en media van regoor die land wat die eerste hofverskyning van die drie verdagtes in die Amy’Leigh ontvoeringsaak wil bywoon.

Die drie verdagtes wat verlede week vir die sesjarige Amy’Leigh de Jager (6) van die dorp,  se ontvoering in hegtenis geneem is, sal moontlik net na 11:00 hul eerste verskyning in die openbare hof maak. Hulle name sal daarna amptelik in die media bekend gemaak word.

Jannie du Plessis, Vaalweekblad se misdaad-verslaggewer het vanuit die hof berig dat die landdros wat die saak sal behartig, die media versoek het om die hof te verlaat, sodat ander sake en uitstelle eers afgehandel kan word. “Hy sal daarna besluit of hy die media toestemming gaan gee om foto’s te neem in die hof, voor die amptelike hofverriginge van die drie beskuldigdes begin,” sê Jannie .

FOTO’S: Jannie du Plessis

  • Amy’Leigh is verlede Maandagoggend net na 07:15 voor die Laerskool Kollegepark uit haar ma se arms gerug en ontvoer. Sy is Dinsdagoggend 02:00 weer ongedeerd teruggevind. Een van die drie beskuldigdes in die ontvoering is ‘n onderwyseres van die skool.

Related Articles

Back to top button