NewsNews

Twee siek honde nog lewendig in sak gevind

Twee ernstige siek honde is gister lewendig in 'n sak in 'n veld in Rustenburg gevind.

Een van die inwoners van Olifansnek het ondersoek ingestel nadat hy twee sakke in die veld gesien het.

Die honde was ernstig siek, maar steeds lewendig. In elke sak was ‘n hond. Ongelukkig, weens die toestand waarin die honde was, moes hulle uitgesit word.

Enige persoon met inligting kan die Rustenburg DBV by  014 592 3131 skakel om hulle te help om die skuldige persoon vas te trek. 

Related Articles

Back to top button