NewsNews

Dit kan jou kind gewees het – WAARSKUWING!!!

Jannie du Plessis VANDERBIJLPARK. – Ouers, leerlinge en skole moet kennis neem dat na Donderdag 14 April se mesmoord op Kgotso Bapela (18),’n leerling van Vaal High School, daar nog ‘n voorval aangemeld is wat die vorige dag in dieselfde omgewing gebeur het. Leerlinge, vroue en oumense word gewaarsku om nie deur parke te stap …

Jannie du Plessis

VANDERBIJLPARK. – Ouers, leerlinge en skole moet kennis neem dat na Donderdag 14 April se mesmoord op Kgotso Bapela (18),’n leerling van Vaal High School, daar nog ‘n voorval aangemeld is wat die vorige dag in dieselfde omgewing gebeur het.
Leerlinge, vroue en oumense word gewaarsku om nie deur parke te stap nie en verkieslik in groepe van meer as vyf te beweeg. ‘n Dag voor die mesmoord is twee tieners ook met ‘n mes aangehou. Die vermoede bestaan dat dit dieselfde drie rowers was, aangesien die voorval ook in CW1 in Vanderbijlpark gebeur het. Die seun is met ‘n mes aangehou en sy selfoon afgevat. Die meisie is onsedelik betas en gesoen, terwyl een van die rowers haar selfoon en geld gesoek het.
Die enigste beskrywing tot dusver is dat dit een lang jong man en twee kort mans in hul twintigs is. Ten minste een van hulle is gewapen met ‘n mes. Hulle beweeg rond en teiken gewoonlik een, twee of drie persone wat vermoedelik selfone of waardevolle artikels by hulle het. Sien berig oor moord van Vaal High Leerling. Klik op link https://vaalweekblad.com/7912/leerling-doodgesteek-op-pad-skool-toe/
Indien u sulke verdagtes in u omgewing sien, kontak die Vanderbijlpark-polisie by (016) 910 90467 of 071 675 7246.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button