Leerling doodgesteek op pad skool toe – Video

Jannie du Plessis VANDERBIJLPARK. – ‘n Leerling van Vaal High School is vanoggend dood toe hy en twee van sy mede-leerlinge in ‘n parkie in Davenportstraat, CW1 deur drie rowers oorval is. Volgens ‘n leerling van Vaal High, Ifram Safadi waarmee Vaalweekblad op die toneel gepraat het, was die drie van hulle op pad skool toe. Volgens …

Jannie du Plessis

VANDERBIJLPARK. – ‘n Leerling van Vaal High School is vanoggend dood toe hy en twee van sy mede-leerlinge in ‘n parkie in Davenportstraat, CW1 deur drie rowers oorval is.

Volgens ‘n leerling van Vaal High, Ifram Safadi waarmee Vaalweekblad op die toneel gepraat het, was die drie van hulle op pad skool toe. Volgens Ifram, het die oorledene Kgotso Bapela (18), sy selfoon en oorfone in sy hand gehad toe drie mans omstreeks 07:40 van voor af gekom het, hulle omsingel het en begin het om hulle aan te val. Kgotso is in die geveg wat ontstaan het, in die bors en rug gesteek. Na die voorval het die rowers weggehardloop en is die bebloede Kgotso deur Ifram na Mumfordstraat gedra waar hy hulp gekry het. Netcare 911 het hom probeer red maar hy is op die toneel dood verklaar. Die rowers het weggekom met Kgotso se oorfone, selfoon en sy tas. Netcare911 en ER24 het vir meer as 45 minute op die toneel gewag vir die polisie se patrollievoertuig om op te daag. Hulle verskoning was dat hulle baie klagtes gehad om by te woon. Lees meer hieroor in Vaalweekblad van 20 April.

 

 

Die lyk van Kgotso Bapela (18) lê hier in Mumfordstraat nadat een van sy vriende hom sowat 100m ver gedra het vanaf die parkie in Davenportstraat waar hy deur rowers met ‘n mes gesteek is.

 

Exit mobile version