NewsNews

Huisbrand vroegoggend – alles verwoes

VANDERBILPARK. – Nog ‘n huisbrand het Donderdag oggend 1 Oktober net voor 08:00 die huis en huisraad van ‘n twee bejaardes geeïs. Mpapi  Moshane (65), ‘n afgetrede onderwyser en sy vrou Lydia (61) het die oggend geskok teruggekeer na hul huis in Sangirostraat, CW4 Vanderbijlpark terwyl dit nog brand. Brandweer van Vanderbilpark en ‘n ondersteunende span van …

VANDERBILPARK. – Nog ‘n huisbrand het Donderdag oggend 1 Oktober net voor 08:00 die huis en huisraad van ‘n twee bejaardes geeïs.

Mpapi  Moshane (65), ‘n afgetrede onderwyser en sy vrou Lydia (61) het die oggend geskok teruggekeer na hul huis in Sangirostraat, CW4 Vanderbijlpark terwyl dit nog brand. Brandweer van Vanderbilpark en ‘n ondersteunende span van Vereeniging brandweer kon niks red nie. Volgens Mmapi het hy versekering op die gebou maar nie op die inhoud. Lydia was so geskok dat sy deur ER24 op die toneel behandel is vir skok.

Volgens ‘n buurvrou, Amanda Steenberg was daar net voor agt ‘n harde slag en het sy rook by dak agter sien uitkom. Die egpaar het net die klere wat hul aangehad het. Hul een dogter was by die skool en een werk in Sebokeng. Indien iemand hulle kan help met basiese benodighede, klere en kruideniersware kan julle kan Mpapi kontak by 084 522 2993. Mansgrootte klere 32 en Medium word benodig. Die twee dames is van 32 – 38 M – XL. ‘n Seun van 5 jaar oud nommer 6 tot 7. ‘n Dogter van 13jaar oud  nommer 36 en L. ‘n Seun van 6jaar –  nommer 5 tot 6 klere. Die kinders is in Laerskool Noordhoek.  Die oorsaak van die brand word nog ondersoek. Enige iemand wat hulp kan verleen aan die familie kan Mpapi kontak by 084 522 2993. (Jannie du Plessis )

DSC01421 (Small)

 

Related Articles

Back to top button