NewsNews galleriesPhoto Galleries

Die Morster kan nou gereeld gesien word

VEREENIGING. - Ping!ArtProductions het pas bekendgemaak dat hul gewilde kindervertoning, “Die Morster en die Ashoop Prinsessie” wat reeds ‘n groot impak by laerskole gemaak het, nou ook gereeld op Vereeniging Barnyard se program gaan verskyn. Daar word voorspel dat die “Die Morster” ‘n huishoudelike naam gaan word omdat die kleingoed wat dié toneelstuk sien, nie genoeg kan kry van die karakters nie.

VEREENIGING. – Ping!ArtProductions het pas bekendgemaak dat hul gewilde kindervertoning, “Die Morster en die Ashoop Prinsessie” wat reeds ‘n groot impak by laerskole gemaak het, nou ook gereeld op Vereeniging Barnyard se program gaan verskyn.

Daar word voorspel dat die “Die Morster” ‘n huishoudelike naam gaan word omdat die kleingoed wat dié toneelstuk sien, nie genoeg kan kry van die karakters nie.
Ping!ArtProductions beoog om gereeld ‘n nuwe vertoning rondom “Die Morster” en sy avonture te baseer.
Die eerste van dié vertonings wat vir die publiek oopgestel gaan word, vind plaas op 30 Mei by Vereeniging Barnyard. Die produksiespan beoog om sulke vertonings binnekort ‘n maandelikse instelling te maak – nie net om kleingoed aan die “magic” van die teater bekend te stel nie, maar ook om hulle op ‘n intellektuele en interaktiewe manier te betrek en op te voed oor die bewaring van Moeder Aarde. Die kleingoed leer onder meer hoe sang en dans die Morster kan verslaan. Die stuk is veral geskik vir kinders van kleuterouderdom tot graad 7, maar die hele familie sal dit beslis geniet.
Die toneelstuk leer kleingoed – eintlik alle kykers – dat hulle bo hul omstandighede kan uitstyg en hernuwe kan word, net soos die natuur. Die produksie kan vir Afrikaans sowel as Engels aangepas word.
Nadere besonderhede is beskikbaar by Hannes Muller (artistieke direkteur) by 082 455 2436, Charlene van der Linde (vennoot) by 083 642 3182 of Shannon Jade Swanepoel (administrasie) by 076 682 7387.

Related Articles

Back to top button