CommunityPhoto Galleries

Is jy moeg vir die gejaagde lewe?

Jannie du Plessis   Is jy moeg vir die gejaagde lewe, die misdaad en al die potholes in die Vaaldriehoek. So 40km anderkant Potchefstroom het ek ‘n juweel wildsplaas ontdek waar jy vir so min as R300p/p kan oornag in netjiese lekker selfsorgeenhede. Die akkomodasie begin by 2 persone minimum in ‘n 4 bed chalet. …

Jannie du Plessis

 

Is jy moeg vir die gejaagde lewe, die misdaad en al die potholes in die Vaaldriehoek. So 40km anderkant Potchefstroom het ek ‘n juweel wildsplaas ontdek waar jy vir so min as R300p/p kan oornag in netjiese lekker selfsorgeenhede. Die akkomodasie begin by 2 persone minimum in ‘n 4 bed chalet. Kinder betaal net R150.

Vat jou kamera, al die lense wat jy het en moenie jou gesin vergeet nie en gaan ontspan ‘n paar dae by die INYALA GAME LODGE. Vertel net die personeel jy het op Vaalweeblad se webblad of Facebook gelees van INYALA GAME LODGE.

Met vriendelike personeel, konferensie fasiliteite, ‘n kerk en baie, baie wild, gaan jy nie nader aan die natuur kom as dit. Pragtige, goed versorgde leeus loop gelukkig nie vrylik rond nie maar daar is baie om na te kyk en pragtige fotos om te neem. Inyala bokke kom bedel bietjie blaarslaai by jou chalet dag en nag. En het jy al ‘n trop van 500 en meer blesbokke gesien, veral as die trop begin draf is dit ‘n gesig wat geen stadskind moet mis nie!  Gaan kyk! Daar is twee groot troppe van by die 1000 in totaal. Vele kameelperde, blouwildebeeste, springbokke en baie ander spesies wild wei op die oop grasvelde en as jy gelukkig is, sien jy ‘n koedoe tusssen die ruigtes.

Trou jy, wil jy wegbreek, foto’s neem of dalk een van die Mighty Men Konferensies (MMC) van Angus Buchan bywoon, is Inyala Game Lodge die regte plek vir jou! Vir die fotografie entoesias is dit die ideale plek om rustig tussen die bosse en oop pleine te loop en pragfoto’s te neem. Saans ontspan jy om die kampvuur, braai ‘n vleisie of geniet ‘n drankie in die kroeg. Skakel Anske by 082 492 3177 of e-pos info@inyala.co.za. https://www.inyala.co.za. Fotos: ©Jannie du Plessis ©Mooivaal Media.

Related Articles

Back to top button