Lifestyle

Jy’s nooit te oud vir fietsry nie

Dis belangrik vir mens se gesondheid om aktief te bly, veral as die jare begin aanstap. Fietsry is een van die beste maniere om oud, maar nie koud te word nie!

Ek is altyd verstom oor die hoeveelheid ouer mense wat fietsry in Europa. Dis glad nie ongewoon om elegante tagtigjariges op fietse te sien inkopies doen en vriende besoek nie.

Fiksheidkenners is glad nie verras nie, want fietsry is een van die beste sportsoorte vir ouer mense.

Die groot voordeel is dat fietsry aansienlik vriendeliker met ouer knieë, heupe en enkels is, want daar is nie impak op jou gewrigte soos met hardloop nie. Die beweging is ook liniêr en nie heen en weer soos in die geval van tennis nie.

Nie alleen verbeter dit jou fiksheid nie, fietsry doen ook wondere vir jou balans en kernspiere wat uiters belangrik is as jy ouer word!

 

Jy’s nooit te oud vir fietsry nie

 

Wat sê die studies?

  • Fietsry kan jou immunitiet verbeter en dus teen siektes beskerm.
  • Fietsryers leef langer en het ’n kleiner risiko vir kanker en hartvatsiektes.
  • Mense wat gereeld 30 minute op ’n stilstaande fiets oefen, se geheue het verbeter, en was beter met strategieë beplan en redeneer nadat hulle geoefen het.
  • Mense wat op ’n fiets geoefen het, het ook toetse vinniger voltooi na die oefening as voor die oefening.
  • Daar word ook gereken dat oefening dalk ’n beskermende effek kan hê teen die ontwikkeling van Alzheimer se siekte.
  • As jy boonop die geleentheid het om in die buitelug fiets te ry, gaan dit groot voordele vir jou bui inhou. En die mooi omgewing laat die oefening makliker voel.

Jy’s nooit te oud vir fietsry nie

Voordele van fietsry vir ouer mense

  • Beter spierkrag
  • Beter balans
  • Verbeter cholesterolvlakke
  • Hou jou gewig gesond
  • Vebeter jou bui een veg depressie tee
  • Bied sosiale interaksie vir eensames
  • Fietsry verhoog jou hartklop maar takel jou gewrigte minder af as bv. ’n sportsoort soos hardloop of loop

 

Jy’s nooit te oud vir fietsry nie

 

Wenke as jy fietsry

  • Hou jou knieë stabiel as jy trap. Dit skep meer krag en verhoed dat jou knieë na ’n sessie pyn.
  • As jy in die gim oefen is dit ’n goeie proefneming om voor ’n spieël te sit en jou vorm dop te hou. Maak seker dat jou ledemate in ’n regtuit lyn beweeg. Moenie dat knieë na buite of binne draai nie en let daarop dat jou skouers nie opgetrek of skeef is nie.
  • Kry hulp sodat jou fiets of oefenfiets reg opgestel is vir jou. Mens se soepelheid verander soos jy ouer word en dit mag jou posisie affekteer.

 

Jy’s nooit te oud vir fietsry nie

 

Hier is nog goeie raad vir beginner-fietsryers

’n Maklike 28-dag-plan vir beginner fietsryers

Toets jouself voor jy begin ry: Hoe fietsfiks is jy?

Fietsry vir beginners: Die maklikste roetes om weer aan die gang te kom

Aërobiese fiksheid, kragbou en uithouvermoë vir fietsryers

15 dinge waarna jy moet kyk in die 30 sekondes voordat jy op jou fiets klim

 

Hier is tegniek-raad vir fietsryers

’n Wedren motiveer jou!

Bergfietsry: Oorwin sagte sand

Wat pak jy vir ’n multi-dag fietsmaraton?

Oefen só vir steil opdraandes

Die geheim agter bergfietssukses

“Switchbacks”: Van bewerasies tot Wonder Woman!

Jy’s nooit te oud vir fietsry nie

 

Die artikel Jy’s nooit te oud vir fietsry nie het eers in Rooi Rose verskyn.

Related Articles

Back to top button