NewsNews

Ons praat nie net nie, ons doen dit self!

AfriForum het verlede Vrydagaand 27 Mei ʼn provinsiale gekoördineerde buurtwagpatrollie gehad in samewerking met die SAPD en ongeveer 120 ander veiligheidstrukture, insluitend ander buurtwagte, plaaswagte, sekuriteitsmaatskappye asook verskeie metro- en verkeerspolisiedepartemente. AfriForum se provinsiale buurtwagte vorm deel van ‘n nasionale netwerk wat saam groter gebiede kan beveilig en ondersteun en elke buurtwag het dus hul …

AfriForum het verlede Vrydagaand 27 Mei ʼn provinsiale gekoördineerde buurtwagpatrollie gehad in samewerking met die SAPD en ongeveer 120 ander veiligheidstrukture, insluitend ander buurtwagte, plaaswagte, sekuriteitsmaatskappye asook verskeie metro- en verkeerspolisiedepartemente.

AfriForum se provinsiale buurtwagte vorm deel van ‘n nasionale netwerk wat saam groter gebiede kan beveilig en ondersteun en elke buurtwag het dus hul eie unieke patrolliebeplanning opgestel. Hierdie nasionale veiligheidsaksie is ‘n voorbeeld van hoe gemeenskappe self verantwoordelikheid neem vir hulle veiligheid. Die Vanderbijlparktak het ook deelgeneem en talle plaaslike sekuriteitsmaatskappye en SAPD-lede het die tak ondersteun.

Om meer uit te vind oor AfriForum of om aan te sluit, stuur e-pos: afriforumvdb@gmail.com

IMGr0026 (Small) IMGr0021 (Small) IMGr0019 (Small)

Related Articles

Back to top button