KidsLifestyle

Willem Coetzee wen nuwe titel

Willem Coetzee, reeds gesog in die skoonheidskompetisie wêreld, slaan nog 'n titel weg.

Op 8 April het Willem Coetzee, 8, aan die Royalty ZA kompetisie deelgeneem wat deur Gevaugne Brandt aangebied word en die titel vir Mr Royal World Mini South Africa 2023 gewen.

“Hierdie titel is n groot eer vir my omdat ek in Desember Suid-Afrika internasionaal gaan verteenwoordig. Ek wil met die titel groot en klein inspireer. Deur my voorbeeld wil ek bewys dat al is jy klein, jy ‘n verskil kan maak en dat jy deur soms net op te daag ‘n verskil kan maak,” het Willem vertel.

Lees ook: Ruimsig wife and mother shares personal resurrection from ICU bed to pageant queen

Vandat Willem sy laaste titel gewen het as Mnr Wes-Rand sit hy nie nie stil nie en is druk besig om sy gemeenskap te help.

Lees ook: Local beauty wins kids pageant in Uganda

“Ek het gedurende die skoolvakansie die Roodebeeck-leerders gaan bederf met heerlike warm sop, asook sommige families in Witpoortjie wat in nood is. Ek wil graag hierdie op ‘n maandelikse basis doen, so as iemand kan of graag wil help met sop en noedels, sal ek dit baie waardeer. Ek het die WAS Foundation gaan bystaan met hulle Paasfeesfunksie, ek het saam die kinders by die Rainbow Haven gaan kuier, die paashasie gaan ontmoet en sommer net reg gestaan om te help.”
Hy noem dat hy ook na die Muscle Dystrophy Foundation South Africa genooi is vir ‘n fotosessie en dat dit vir hom baie spesiaal was om ‘n paar van die mensies te kon ontmoet en te sien en hoor hoe positief hulle is.

“Ek wil graag vir Moedersdag by Lekkerrus Tehuis gaan kuier en die oumensies bietjie gaan bederf. Ek wil ook baie graag by ‘n kleuterskool in Krugersorp betrokke raak wat ook sukkel,” het Willem uitgebrei.

In Junie neem hy weer deel aan die Eisteddfod Alegretto kunswedstryd en Mnr Johannesburg.

“Ek wil graag my ma en pa bedank vir al hulle bystand. En dat hulle my drome vir my waar maak en baie spesiale dankie ook aan Elmarie Nolte van Oxygen Models wat my leer en help om altyd myself op die verhoog te wees.

Wat vir my die meeste beteken is as ek op daai verhoog is en ek hoor hoe almal vir my skree, mense wat in my glo, my bystaan en altyd daar is vir my. Baie dankie.

“Onthou jy gaan nooit die wêreld kan verander nie, maar jy kan die wêreld vir een persoon verander. En dit is my leuse. Want al kan ek net die lewe maklik maak vir een persoon is dit goed genoeg vir my,” het Willem afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button