Primary School

Nuwe leessentrum vir Laerskool Dr Havinga

Laerskool Dr Havinga verbeter kinders se leesvaardighede met nuwe leessentrum.

Laerskool Dr Havinga het ‘n nuwe leessentrum gekry om kinders se leesvaardighede te verbeter.

Kinders van Laerskool Dr Havinga geniet die nuwe leessentrum. Foto: Verskaf.

Die skoolhoof van Laerskool Dr Havinga, Marius Swanepoel, het verduidelik, “Enige leer vind plaas deur ordentlik te kan lees, as jy nie ordentlik kan lees nie, kan jy nie betekenisvol lees nie, so jy moet daardie vaardigheid verbeter.”

Lees ook: Former Laerskool Dr Havinga scholar breaks SA record

Kinders van Laerskool Dr Havinga geniet die nuwe leessentrum. Foto: Verskaf.

Met die doel om kinders se leesvaardighede te verbeter, het die skool ‘n 45 minute leesperiode ingestel, wat hulle nou uitgebrei het met die leessentrum en die programme wat hulle op die rekenaars gebruik.

Juffrou Alta Jacobs, saam met die kinders in die leessentrum. Foto: Verskaf.

Lees ook: Schools across the West Rand flood Laerskool Dr Havinga for mini-cricket and hockey day

Die finansiering vir die leessentrum was grotendeels van die skool afkomstig, maar sonder die hulp van Hoërskool Noordheuwel se bydrae van rekenaars vir die sentrum, sou dit nie moontlik gewees het nie.

Kinders van Laerskool Dr Havinga geniet die nuwe leessentrum. Foto: Verskaf.

Hoewel beurtkrag dit bemoeilik om die sentrum te gebruik, is almal steeds positief oor die sentrum. Die sentrum is lekker vir die kinders, dit voel nie soos werk nie, die program wat gebruik word is kindervriendelik en interaktief.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button