Agt spanne van Krugersdorp, Roodepoort en Rustenburg het die afgelope naweek in Noordheuwel meegeding in die half- en eindstryd van die Sables Bowling Association se pare-afdeling.
Sables-distrikvoorsitter Mark Petzer het vertel dat hulle tydens die inperkingstyd nes ander sportsoorte ook maar vir ‘n ruk lank moes ophou. Gelukkig kon hulle so twee maande gelede weer met kompetisies begin.
Tydens Vlak 2 van die inperking kon hulle egter net in spanne van drie speel, maar sedert die land na Vlak 1 beweeg het, kan hulle weer in spanne van vier begin deelneem.
Hy het gesê dat almal vreeslik daarna uitsien om weer in Oktober met die enkelsliga te begin, en die res van hul ligas weer te laat terugkeer na normaal.
Op Sondag, 27 September het die vier mansspanne en vier vrouespanne teen mekaar deelgeneem om te bepaal wie na die pare-eindstryd deurdring. Dieselfde dag het hulle vir die eerste en tweede plekke uitgespeel.
Die wenners in die mansafdeling was die pa-en-seun-span van Discovery, Morgan en Nomatter Muvango, terwyl Helen Jansen en Beverli Breytenbach van Rustenburg Impala die vroue-afdeling gewen het.
Sables wil graag almal uitnooi om by hulle te kom aansluit of net ‘n draai te maak tydens een van hulle sosiale dae om te kom kyk of hulle van die sport hou.
Vir meer inligting, kontak vir Mark by 071 750 1132 of besoek die Sables Bowls Facebook-blad.